Behoorlike en doeltreffende wolklassering is die eerste en waarskynlik die belangrikste skakel in die wolketting. Suid Afrika was nog altyd trots op die gehalte van sy skeerselvoorbereiding en het deur die jare 'n uitstekende reputasie in die buiteland as een van die beste geklasseerde skeersels opgebou.
Nuwe ontwikkeling in toetsmetodes en verbeterde tegniese standaarde vir die doeltreffende verwerking van wol tot eindprodukte, beklemtoon die verantwoordelikheid van die wolklasser om te voldoen aan die minimumstandaarde wat in hierdie brosjure uiteengesit word.
WOLKLASSERINGSHANDLEIDING hanteer belangrike teoretiese aspekte van wolhantering en -klassering wat die praktiese gedeelte van die Springbokkopkursus voorafgaan. Daar word gefokus op finale skeerselvoorbereiding en -samestelling op plaasvlak volgens ekonomiese oorwegings.
Geredigeerde weergawe deur Robert Scott, BKB en Jan Louis Venter, NWKV Produksie Adviseur - Mei 2014