WOLBEDRYF-ONTWIKKELINGSFONDS

Leon de Beer
 February 28, 2018
Comments (0)


’n Wolbedryf-ontwikkelingsfonds: meer mag in die hande van produsente
 
Die NWKV Nasionale Bestuur het ná uitgebreide debat en oorweging besluit om die moontlikheid vir die totstandkoming van ’n ontwikkelingsfonds vir die wolbedryf te ondersoek.
 
Dit word gedoen teen die agtergrond van eksterne ontwikkelingsfondse wat tans aan die afneem is (bv. fondse uit regeringsbronne), ekonomiese druk op bestaande bedryfbates en -beleggings, asook uitdagings in ontwikkelingsvennootskappe. Die beoogde fonds sal van groot belang wees om die wolbedryf meer selfonderhoudend te maak terwyl dit steeds gehaltestandaarde en ontwikkelingsinisiatiewe  handhaaf.
 
’n Bedryfsfonds kan slegs in plek gestel word met die ondersteuning van die wolprodusent. Dié fonds sal projekte help befonds wat tot voordeel vir die totale waardeketting sal wees.
Indien sodanige fonds deur die wolbedryf self ingestel word, het die bedryf volledig beheer oor die fonds en dus oor elke rand wat gevorder word. Dit is in teenstelling met ’n statutêre heffing wat aan baie reëls en regulasies, soos voorgeskryf in wetgewing, onderhewig sal wees. By statutêre heffings,het die wolprodusent nie volle beheer oor die fondse wat ingewin word nie.
 
Die SA Wol- en Bokhaarkopersvereniging (Sawamba) sal oorweging daaraan skenk om die fondse op dieselfde wyse in te samel as dié wat vir wolbevordering geld.
’n Ontwikkelingsfonds van dié aard sal vir ’n tydperk van vier jaar ingestel word om spesifieke, geïdentifiseerde projekte te befonds en wat in belang van die hele wolbedryf is. Daarna sal toekomstige befondsing en projekte heroorweeg word, afhangend van die omstandighede en ondersteuning. Volledige sakeplanne en ’n oudit sal die aanwending van die fondse duidelik spesifiseer en kontroleer. Die volgende projekte vir befondsing uit dié fonds  word in die vooruitsig gestel:
 
·         Skeeropleiding om hierdie vaardigheid in Suid-Afrika te behou;
·         instandhouding van monitorplase ter ondersteuning en navorsing van gesonde predasiebestuurspraktyke (tans 29 monitorplase landswyd); en
·         verbeterde kommunikasie in die bedryf deur die Wolboer-tydskrif na alle belanghebbendes in die waardeketting (insluitend produsente) te versprei.
 
Koste vir produsent
 
Om uitvoering te gee aan hierdie projekte word ’n bedrag van nagenoeg R5,8 miljoen per jaar benodig, wat werklik ’n druppel in die emmer is indien in ag geneem word dat die totale waarde van die skeersel wat in die 2016/17-bemarkingseisoen uigevoer is, meer as R4,29 miljard beloop het (dit kom meer op ’n bydrae van wolprodusente van slegs 0,135% van die totale waarde van die skeersel).
 
Die Sawamba-heffing sal met slegs 7c/kg verhoog word ? vanaf 15c/kg tot 22c/kg ? om ’n fonds vir wolbevordering (nasionaal en internasionaal), asook genoemde projekte te vestig. Woltrustfondse sal steeds vir goedgekeurde ontwikkelingsprojekte, adviesdienste, navorsing, statistieke, inligting en promosies, soos goedgekeur deur Cape Wools SA (CWSA), aangewend word.
 
Die bedrag wat ingevorder word, sluit ’n vorderingsbedrag van R150 000 in. CWSA sal die fonds bestuur en laat oudit, ter befondsing van die genoemde projekte.
 
Enige navrae en onduidelikhede kan gerig word aan die NWKV by nwga@nwga.co.za (e-pos), per foon by 041 365 5030, of raadpleeg die webwerf by www.nwga.co.za.
 
Volledige inligting oor die beoogde fonds word sedert begin Februarie 2018 by alle NWKV streeksvergaderings, jaarvergaderings en kongresse aangebied om ook produsente se ondersteuning, al dan nie, te bepaal vir die instelling van wolontwikkelingsfonds.

For english translation, click here

 

radio onderhoud 

Algoa FM gesels met Leon de Beer, Hoofbestuurder van die NWKV oor die onderwerp 

Leave a comment

Keep me updated?

Comments are moderated.
Be the first person to comment.

Quick Navigation

Month:
Author:
Category:

Leon de Beer

Latest Blogs

Sheep shearing instruction manual  DOWN REGULATION OF OJD  WAAROM MOET EK IN-ENT? Praktiese bestuursvoorstelle en wenke vir lamgeboortes LAMSORG EN VOEDING:  VAN GEBOORTE TOT SPEENTYD  BLUETONGUE CONTROL WITHOUT VACCINE  Industry guidelines for farm procedures  TWEE TREE VORENTOE, EEN TREE TERUG  FOOT AND MOUTH DISEASE VIDEOS  KOMMUNALE BOERE KAN GROOT VONK WEES 
national-wool-growers-association-of-south-africa-communal-and-commercial

Follow Us

  

Head Office

+27 (0) 41 365 5030
+27 (0) 41 365 5035
nwga@nwga.co.za

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...