Hierdie artikel fokus op algemene bestebestuurspraktyke vir skape, veral ten opsigte van dieregesondheid en dierewelsyn. Want as jou skape gesond is, gemaklik en gelukkig is, dan sal jou beursie ook wees.
WOLBEDRYF SE KODE VIR BESTE PRAKTYKE (KVBP)
Sedert die vroeë 2000's het wol begin wegbeweeg van die kommoditeitsmark en in 'n spesialiteitsmark gevestig begin raak. Die gevolg hiervan is dat die eindverbruiker al meer vrae vra oor die produksieprosesse van wol. Die eindverbruiker het, wêreldwyd en in byna alle bedrywe, 'n verbruikersgewete ontwikkel. Net so plaas omgewingsdrukgroepe en menseregtegroepe druk op kleinhandelaars om eties geproduseerde produkte aan te hou. Nie net moet die produkte eties geproduseer word nie, maar die produsent moet bewyse kan lewer dat hierdie produkte wel so geproduseer is. Daarom is 'n aanvaarde Kode van Beste Praktyk, en om dit deurlopend te volg, belangriker as ooit.
KODE VAN BESTE PRAKTYKE
ALGEMENE BESTE PRAKTYKE VIR SKAAPBOERE