Month:
Author:
Category:
  Search

Generiese Bestuurskalender  

BY Dr Louis du Pisani

NWKV Produksie Adviesdiens gee maandeliks 'n lys van bestuursaksies wat belangrik ge-ag word om wolboere se veekudde beter te bestuur.

 

Somerreëngebied - Februarie en Maart     

For English version, click here

 

Somerreëngebied - Junie en Julie  

For English version, click here

 

Somerreëngebied - Augustus en September   

For English version, click here

 

Die lente kondig óf die begin van lamtyd (einde Augustus) óf paartyd (Oktober / November) in die somerreënvalgebied aan. Voorbereiding vir hierdie belangrike tydperke is van kardinale belang om goeie aanteelstatistiek te behaal. Linda Henderson van Veeplaas het met NWKV produksie advsieurs gesels vir praktiese maatstawwe in hulle onderskeie gebiede - lees volledige artikel.  Bl. 2

 

Karoostreek – Juan Venter sê dit is baie belangrik vir Produsente van veral die Karoostreke, waar Slenkdalkoors en bloutong voorkom, om ‘n maand grasie voor die paarseisoen toe te laat as ooie met lewende entstowwe behandel word. Dit sal voorkom dat absorpsie en aborsies plaasvind.

 

Die Hoëveld – Jacques Jansen van Vuuren meen dit is belangrik om ramme ten minste 8 weke voor paring met lewende entstof te behandel, ondat die koors wat as teenreaksie op die middel ontwikkel, tydelike onvrugbaarheid veroorsaak. Dit is net so belangrik dat boere teen lewerslak optree. Lewerslak is ‘n probleem in gebiede waar diere van groundwater afhanklik is. Die enigste manier om ‘n ingeligte besluit oor behandeling te neem, is om mismonsters te neem.


Noordkaap – Gawie van Wyk – een van die belangrikste faktore om ‘n goeie paarseisoen te verseker, is die vrugbaarheid van die ramme. Ek raai boere aan om hul ramme gereeld te laat toets vir geslagsiektes of ander oorsake wat hul vrugbaarheid kan beinvloed. Boere in die Noordkaap kry finansiële ondersteuning van die RPO vir hierdie toetse.
 
Somerreëngebied - Oktober en November For English version, click here


Somerreëngebied - Desember en Januarie   

For English version, click here
 

Januarie 

WAT STAAN WOLBOERE TE DOEN IN JANUARIE MAAND ?


Louis du Pisani, NWKV Nasionale Bestuurder: Produksie Advies en Ontwikkeling gesels met Algoa FM en voorspel reën en hoë temperature vir Januarie maand wat gunstige omstandighede is vir interne parasiete. Boere moet spesifiek op die uitkyk wees vir haarwurm.
Belangrik om in Januarie maand daardie ooie wat tydens Oktober en November maande gedek is, te toets vir dragtigheid sodat boer presies kan weet watter kuddes dragtig is en watter nie.

Januarie maand is uiters belangrik om daardie ramme wat gebruik gaan word om ooie wat in Maart / April gedek gaan word, voor te berei. Teen die tyd wat hulle na die ooie gaan, moet hul semenvolume en –kwaliteit baie goed wees.
 

April 

April is ‘n besige maand op ‘n wolboer se plaas, want ooie is besig om volstoom te lam. Indien ooie lam in gebiede waar weiding skraps is, moet kruipvoeding so spoedig moontlik aan daardie lammers gegee word. Hierdie aksie kan bydra dat ‘n totale lammeroes gered word. Dr. Louis du Pisani het met Algoa FM gesels oor veebestuursaksies wat in April maand noodsaaklik is vir winsgewende wolskaapboedery.

mei 

Dit is nou tyd om vir daardie ooie wat hierdie tyd van die jaar lam, aanvullende voeding te gee - veral lekke.  'n Lek moet nie gesien word as kos vir die skaap nie, maar eerder as kos vir bakteriee in die spysverteringskanaal, wat help om die voedselvesel beter te verteer. 

Dr. Louis du Pisani gesels met Algoa FM en gee raad oor veebestuursaksies wat in Mei-maand toegepas moet word. 

Somerreëngebied - April en Mei

 

April & Mei veebestuursaksies

 

Indien kruipvoeding aan lammers verskaf moet word, kan gebruik gemaak word van 'n Kruipvoer-Krip.  Vir meer inligting en instruksies om dit self te maak.  Kontak die Fraserburg Landbou Kooperasie (023) 7411252 vir bestelling.

As jy hierdie krip gebruik, het jy nie meer 'n kruipvoerhok nodig nie.

 

 

 January 22, 2018
Comments (0)
Management Programs
Dr Louis du Pisani

Leave a comment

Keep me updated?

Comments are moderated.
Be the first person to comment.
national-wool-growers-association-of-south-africa-communal-and-commercial

Follow Us

  

Head Office

+27 (0) 41 365 5030
+27 (0) 41 365 5035
nwga@nwga.co.za

OK / Close