NWKV bied uitstekende ontledingsdiens aan boere 

Gawie van Wyk
 November 17, 2017
Comments (0)
Farm Economics


Waarom aan Ekonomiese studiegroep behoort?

Om doeltreffend te boer en wins te maksimeer, is dit belangrik om jaarliks jou Boerdery te ontleed en evalueer sodat nodige veranderinge en regstellings gemaak kan word.  Die inskakeling by ‘n Ekonomiese studiegroep is die medium wat boere kan gebruik om doelstelling te bereik.
 
Watse voordele hou dit vir my as boer in?
1.       Gratis diens deur die NWKV.
2.       Boer se inligting word hoogs VERTROULIK hanteer.
3.       Boere in distrik vorm ‘n studiegroep en kom jaarliks bymekaar, waar hulle evalueer word.
4.       Boere meet hulself met hulself en/of met boere binne die groep
5.       Leer bymekaar en pas mekaar se suksesvolle praktyke toe.
 
Hoe werk ‘n studiegroep?
Vraelys word deur boer ingevul waarin bestuursinligting t.o.v. inkomste en uitgawes van boerderyonderneming aangevra word.  Hierna word inligting verwerk tot op die vlak van netto Boerdery inkomste.  ‘n Volledige verslag word aan deelnemers gegee en persoonlik met hulle bespreek waarna aanbevelings gemaak word vir monitering by volgende evaluering.
 
Hoe neem ek deel?
Skakel NWKV produksie adviseur in u gebied, naamlik:
Weskaap                                                 Jannie Fourie @ 083 564 1105
Noordkaap                                              Gawie van Wyk @ 083 270 3161
Vrystaat                                                  Jan Louis Venter @ 083-650 1131
Ooskaap                                                  Juan Venter @ 079 693 1953
KZN, Mpumlanga & Oos-Vrystaat                Bom Louw @ 082 652 2243
 
Pluimpies vir NWKV Ontledingsdiens
Tydens ‘n onderhoud wat Landbouweekblad met mnr Nelius van der Westhuizen, 2016 se Voermol Skaapboer van die Jaar gevoer het, praat hy met lof van die NWKV se ekonomiese ontledingsdiens. Op ‘n vraag watter raad hy het aan medeboere kan gee, het van der Westhuizen geantwoord dat dit (essensieel) noodsaaklik is dat elke veeboer moet weet wat sy netto boerderywins per hektaar en per kleinvee-eenheid is. Die NWKV bied ‘n uitstekende ontledingsdiens aan boere waar hulle sterk- en swak punte uitgelig word.

 

2018 Noordkaap Jongboer van die Jaar, Van Zyl Naudé of Zylie soos hy alom bekend staan, gebruik sy betrokkenheid by die NWKV studiegroep in Richmond as barometer om vordering op sy plaas te meet en steun die organisasie aktief.  
 

Leave a comment

Keep me updated?

Comments are moderated.
Be the first person to comment.

Quick Navigation

Month:
Author:
Category:

Gawie van Wyk

Latest Blogs

Sheep shearing instruction manual  DOWN REGULATION OF OJD  WAAROM MOET EK IN-ENT? Praktiese bestuursvoorstelle en wenke vir lamgeboortes LAMSORG EN VOEDING:  VAN GEBOORTE TOT SPEENTYD  BLUETONGUE CONTROL WITHOUT VACCINE  Industry guidelines for farm procedures  TWEE TREE VORENTOE, EEN TREE TERUG  FOOT AND MOUTH DISEASE VIDEOS  KOMMUNALE BOERE KAN GROOT VONK WEES 
national-wool-growers-association-of-south-africa-communal-and-commercial

Follow Us

  

Head Office

+27 (0) 41 365 5030
+27 (0) 41 365 5035
nwga@nwga.co.za

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...