September 2018
NWKV Nuusbrief 65 / NWGA Newsletter 65

Inform us about events in your area or if you want to receive the newsletter. Contact Fanie van Rooyen at
082 388 0626 or send an email to fanie@agriconnect.co.za or Bonita Francis nwga@nwga.co.za or
call 041 365 5030.


Remember to visit our Facebook page.
The link is https://www.facebook.com/pages/NWGA/679678912058277
Facebook


WOL- EN VLEISBOERE BYEEN IN MPUMALANGA

 
Die NWKV Mpumalanga en die RPO Mpumalanga het pogings saamgesnoer om wol- en rooivleisboere van inligting te bedien om staande te bly in ’n moeilike landbou-omgewing.
 
Die gesamentlike jaarkongres wat by Hoërskool Ermelo plaasgevind het, het interessante sprekers opgelewer, wat kwessies oor kernelemente van beide wol- en vleisskaapboerdery aangevoer het.
 
Prof. Anthoni van Nieuwkerk van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het die gehoor toegespreek oor die effek van die huidige onseker politieke klimaat op die toekoms van landbou, terwyl Bertus Burgers, 2017 se Nasionale Beesboer van die Jaar, inligting gedeel het oor bees- en hamelboerderypraktyke.
 
Ulrich Muller, tegniese bestuurder van Voermol, het oor die ekonomie van bees- en skaapvoerkrale gesels. 'n Hommeltuigdemonstrasie het groot byval by die boere gevind.
 
NUWE LEIERSKAP VIR MPUMALANGA WOLKWEKERS
 
Japie Celliers jr. van Roodewal, Ermelo, is as nuwe voorsitter van die NWKV Mpumalanga verkies. Hy neem die leisels oor by Machiel Odendaal, wat hom nie weer verkiesbaar gestel het nie. Machiel dien die boere van Mpumalanga sedert 1998 toe hy verkies is as bestuurslid vir die Charl Cilliers-streek, en as voorsitter sedert 2013.
 
Cecilia Beukes van Chrissiesmeer is as visevoorsitter verkies. Baie geluk met die verkiesings, Japie en Cecilia; mag Mpumalanga se boere baie waarde put uit julle ervaring en nuwe denkrigtings vir die provinsie.
Silwer Ram-ontvangers Johannes Klopper (ver links) en Theuns Laas (ver regs) saam
met ere-visevoorsitter en Goue Ram-ontvanger Japie Celliers, het ook die spesiale geleentheid bygewoon. Uitgetrede voorsitter Machiel Odendaal het die sertifikaat oorhandig.


 
GESOGTE TOEKENNING VIR
JAPIE CELLIERS JR.

Pas verkose NWKV Mpumalanga-voorsitter Japie Celliers jr. het ’n Silwer Ram-toekenning van die Mpumalanga-wolkwekers ontvang vir sy lojale en aktiewe deelname aan die provinsiale struktuur sedert 2006. Hy is iemand op wie staat gemaak kan word en sy liefde vir wol en die merino is opmerklik.

 
ONDERSTEPOORT PRODUCT AVAILABILITY

Onderstepoort Biological Products (OBP) has committed to inform the members of the National Animal Health Forum (NAHF) on their product availability on a monthly basis. It can be viewed on their website.
 
To view the availability of products as at 17 September 2018, click here:
http://nahf.co.za/obp-product-availability-report-2018-09-17/

SWART BOERE GEE SA WOLBEDRYF ’N HUPSTOOT
 
Die Suid-Afrikaanse wolbedryf kon dit regkry om sy aandeel in die groeiende Chinese mark "met welslae en op ’n manier wat swart boere insluit", te verhoog, het dr. Tracy Davids, navorser in landbou-ekonomie aan die Universiteit van Pretoria en die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP), gesê.
 
Op die bekendstelling van BFAP se vooruitskouing vir 2018 tot 2027 op Somerset-Wes, het Davids gesê Suid-Afrika voorsien nou 10,4% van die totale waarde van Chinese wolinvoer, teenoor net 4% tien jaar gelede. Heelwat van die toename in produksie kan toegeskryf word aan groter deelname deur swart boere, veral in die Oos-Kaap.
 
"In 1997/98 het swart boere wol ter waarde van R1,5 miljoen gelewer. Danksy genetiese verbetering en ander steun kon hulle in 2014/15 wol ter waarde van sowat R130 miljoen lewer," het Davids gesê. Volgens Leon de Beer, NWKV-hoof, is die mees onlangse syfers (vir die 2017/18-seisoen) 5,42 miljoen kg wol ter waarde van R383,6 miljoen wat gelewer is.
 
Hoewel Suid-Afrika ’n netto-invoerder van skaapvleis is, word meer as 90% van die wol wat plaaslik gekweek word, uitgevoer. Die vraag na wol het sedert 2007 wêreldwyd met 2% per jaar toegeneem. In China, wat die grootste invoerder van Suid-Afrikaanse wol is, het die vraag na wol met 4,5% per jaar gestyg Landbouweekblad, 31 Augustus 2018.


FOLLOW THESE GUIDELINES WHEN DOSING LAMBS

Every sheep farmer strives to get his or her sheep onto the market sooner and earn more money. Jannie Fourie of the National Wool Growers’ Association (NWGA) provides some useful guidelines to help with this:
 
https://www.farmersweekly.co.za/farm-basics/how-to-livestock/follow-guidelines-dosing-lambs/

VEEBOER VAN DIE JAAR BETROKKE BY
NWKV-STUDIEGROEP

 
Van Zyl Naudé van die plaas Niekerksfontein in Richmond, alombekend as Zylie, is tydens Agri Noord-Kaap se jaarkongres as Jongboer van die Jaar aangewys. Hy is ’n aktiewe ondersteuner van die NWKV en gebruik sy betrokkenheid by die Richmond-studiegroep as barometer om die vordering op sy plaas te meet.
 
Netwerk24 berig só oor Naudé: https://www.netwerk24.com/landbou/Nuus/karooboer-presteer-ondanks-droogte-20180831
 
Om doeltreffend te boer en wins te maksimaliseer, is dit belangrik om jou boerdery jaarliks te ontleed en te evalueer, sodat nodige veranderinge en regstellings gemaak kan word.
 
Inskakeling by die NWKV se ekonomiese studiegroepe is die medium wat boere kan gebruik om doelstellings te bereik. Indien u sou belangstel om deel te neem aan ’n studiegroep, lees meer hier: https://bit.ly/2N7kvfy
 
Foto met dank aan Johan Norval

BESTEL NOU SIFDRAAD TEEN VERLAAGDE PRYSE
 
Bestel sifdraad teen verlaagde pryse by die Humansdorpse Koöperasie in die Oos-Kaap, en gee sodoende 2,5% terug aan predasieopleiding. Landswye besendings kan gereël word.
Copyright © 2018 Agri Connect, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list