Februarie/February 2018
NWKV Nuusbrief 59 / NWGA Newsletter 59

Inform us about events in your area or if you want to receive the newsletter. Contact Karen Grobler at
082 774 7008 or send an email to karen@agriconnect.co.za or Bonita Francis nwga@nwga.co.za or
call 041 365 5030.


Remember to visit our Facebook page.
The link is https://www.facebook.com/pages/NWGA/679678912058277
Facebook


ONTWIKKELINGSFONDS VIR WOLBEDRYF BEOOG

Die NWKV-bestuur is tans besig met ’n ondersoek na die instelling van ’n ontwikkelingsfonds vir die wolbedryf. Boere word versoek om deel te neem aan die gesprekvoering deur provinsiale streeksvergaderings by te woon, die NWKV-webtuiste te besoek en die hoofkantoor met kommentare te skakel.
 
KZN-WOLBOERE SÊ “JA!” VIR BEOOGDE WOLBEDRYFFONDS
 
’n Bedryf wat verantwoordelikheid vir sy eie lot aanvaar, is ’n sterker bedryf as een wat bakhand staan. Dit is die boodskap wat Herman Hugo, die NWKV se nasionale visevoorsitter, by die streeksvergaderings van die NWKV in KwaZulu-Natal oorgedra het.
 
Lees die volledige berig: https://agriorbit.com/die-rpo-en-nwkv-kuier-in-kzn-deel-2/
 
WAAROM BOERE AAN DIE REPRODUKSIEPROGRAM MOET DEELNEEM

Die nuwe reproduksie-opleidingsprogram wat die NWKV aanbied, het in Januarie afgeskop. Landbouradio het hieroor kers opgesteek by Louis du Pisani, wat ’n inleiding tot die program gegee het, terwyl Daan du Plessis weer vertel het van die waarde van die opleidingsprogram vir hulle as studiegroep inhou. Gawie van Wyk het die onderhoud afgesluit met die bekendstelling van Module 1, wat oor paring handel.
 
Luister hier: http://bit.ly/2CemF79
 
SUID-VRYSTAATSE WOLBOERE BAAT BY PRAKTIESE KURSUS
 
Herman Archer, die NWKV se visevoorsitter in die Vrystaat, was een van die boere wat op Trompsburg die eerste module van die reproduksie-opleidingsprogram by Trompsburg bygewoon het. Die program het in Januarie afgeskop.
 
Alhoewel hulle gesoute boere is wat reeds geslagte lank boer, was die eerste module wat gehandel het oor paartyd uiters leersaam en het dit ten doel om maksimum dragtigheid te verseker. Elke deelnemer het belangrike vaardighede aangeleer om ooikuddes met selfvertroue te bestuur.
Lees die volledige storie

 
ELSENBURG-STUDENTE VOL LOF VIR STUDIETOER
 
“’n Ongelooflike belewenis; opvoedkundig en interessant.” So gesels twee Elsenburg-studente oor die studietoer wat hulle verlede week in Port Elizabeth en Uitenhage onderneem het
 
Die derdejaarstudente, Christiaan Kotze en AJ van Wyk, is beloon met ’n toer om die wolketting te bestudeer nadat hulle presteer het in hul tweedejaarsvak wat gehandel het oor teling en die praktiese dele van die Suid-Afrikaanse Vleismerinokursus, asook die Merinokursus wat die praktiese Merinokursus ingesluit het. Dié twee slimkoppe is vergesel deur Plot du Toit en Annelie Kruger, wat by Elsenburg-kollege werksaam is.

 
Lees die volledige storie

OUDBEKENDE WEER BESTUURSLID VIR SWARTBERG 
 
Mike Joyner is tydens die streeksvergadering van die NWKV en die RPO in KwaZulu-Natal verkies tot bestuurslid vir Swartberg. Joyner se lojaliteit teenoor die bestuur van KwaZulu-Natal ken geen perke nie as daar in aanmerking geneem word dat hy vir ongeveer agt jaar op die bestuur gedien het en toe weens ’n siekbed moes afsien van sy funksies.
 
Mike het ook die trofee namens Swartberg ontvang toe hulle verlede jaar as aktiefste studiegroep tydens die streeksvergaderings erken is.
 

COMMUNAL WOOL FARMERS BENEFIT FROM BASIC TRAINING PROGRAMMES

The NWGA conducted basic flock health training at the Ngcothoyi Wool Growers’ Association in Alice and relayed theoretical and practical information on internal and external parasites.
 
The two-hour course was attended by 10 members and specifically highlighted the symptoms of animal diseases such as pneumonia, bluetongue and other diseases.

According to NWGA acting manager for training and development, Zithulele Mbatsha, who presented the course, Ngcothoyi is a small but committed group of farmers, consisting of 16 members and producing approximately 12 bales of wool to the value of R47 000 a year, without a shearing shed and equipment. Should proper infrastructure become available, these farmers would be able to market more wool through the formal auction system and increase the value of their wool clip significantly, showing wool’s ability to create wealth in extensive rural farming areas.

Read the full story
 

MPUMALANGASKEERDERS EN -KLASSERS DEUR NA NASIONALE KOMPETISIE

Tweefontein naby Ermelo het vanjaar sy skuurdeure opgemaak vir die hou van die jaarlikse skeerkompetisie op Valentynsdag. Jannie Jacobs, die eienaar, was beïndruk met die vaardighede van die deelnemende skeerders en klassers. Nadat Eddie Archer hulle vooraf ingelig het oor die kriteria en reëls vir skeer, het plaaslike boere en beamptes die beoordeling waargeneem.

Hinterveld se Rentia van Jaarsveld het die pryse oorhandig, wat deur Hinterveld, BKB en Voermol geborg is. Die deelnemers wat hier onder gelys word, kwalifiseer almal vir deelname aan die nasionale skeerkampioenskappe wat in Maart in Bloemfontein plaasvind.

Sien die lys kwalifiserende deelnemers
 

NWKV EN RPO HOU SAAM STREEKSVERGADERINGS IN KZN

Wol- en vleisboere van KwaZulu-Natal het die week van 5 Februarie die eerste NWKV/RPO-streeksvergaderings van die jaar bygewoon. Meer as 150 boere het onderskeidelik by die navorsingstasie in Dundee, asook in Estcourt, Underberg en Cedarville byeengekom om hul belangstelling in hul produsenteorganisasies te wys. Hulle het aandagtig geluister na die gasspreker, dr. Michael Bradfield, van AgriBSA, wat advies gegee het oor hoe die boere met winsdrywers “goue waarde” tot hul veevertakking kon toevoeg.
 
Die nasionale NWKV-visevoorsitter, Herman Hugo, en die KwaZulu-Natalse voorsitter, Othard Klingenberg, het namens die NWKV toeligting verskaf oor wat die NWKV vir sy lede doen. James Faber en Hendrik Botha het die RPO se rol en funksies verduidelik.

Lees die volledige storie
 

PREDASIEBESTUUR – SA VEEBOERE EEN VOOR AMERIKA

Predasiespesialis Niel Viljoen is van mening dat Suid-Afrikaanse veeboere hul eweknieë in die VSA vêr voor is wat kennis van predatore en hul gedragspatrone  betref.
 
Viljoen het in September verlede jaar ’n studietoer na Amerika onderneem om sy persoonlike kennis van en passie vir predatore en spesifiek predasiebestuur te verbreed. Hier kon hy sy waarnemings vergelyk met omstandighede in Suid-Afrika. Volgens Viljoen is die VSA – ’n eerstewêreldse land wat baie geld aan die nuutste tegnologie en navorsing spandeer, en boonop vele navorsingstasies en ’n sterk staatsbetrokkenheid het – se veeboere steeds soekend na die silver bullet, daardie een enkele blitsoplossing vir predasie, wat nog nie bestaan nie.
 
Die enigste plek waar Suid-Afrika volgens hom dalk iets by die VSA kan leer, is oor die tipe toerusting soos vangysters en vanghokke wat daar oor jare heen vir die vang van predatore ontwikkel is.
 
Vir die volledige verslag, klik hier.

Lees die volledige storie
Copyright © 2018 Agri Connect, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list