Desember / December 2018
NWKV Nuusbrief 68 / NWGA Newsletter 68

Inform us about events in your area or if you want to receive the newsletter. Contact Fanie van Rooyen at
082 388 0626 or send an email to fanie@agriconnect.co.za or Bonita Francis nwga@nwga.co.za or
call 041 365 5030.


Remember to visit our Facebook page.
The link is https://www.facebook.com/pages/NWGA/679678912058277
Facebook


BESTE STUDENT IN KLEINVEE

 
Die 2018 Nasionale Wolkwekersvereniging-prys is oorhandig aan Dr. Sherike van der Merwe, wat aangewys is as die beste student in Kleinveekuddegesondheid en -produksie by die Universiteit van Pretoria. Die jaarlikse trofee is oorhandig deur Prof. Ken Pettey van die Fakulteit Veeartsenydienste tydens ’n toekenningsgeleentheid einde November.

Volgens een van Sherike se eweknieë, is sy een van die mees inspirerende jong veeartse wat tans die veterinêre bedryf betree. Sy het grootgeword in die hartjie van die Vrystaat waar sy skoolgegaan en gematrikuleer het. Sy het ’n passie vir die landboubedryf en het haar eerste graad, B.Sc. Agric in vee-, wild- en weidingkunde by die Universiteit van die Vrystaat verwerf. Sy het daarna besluit om haar lewenslange veeartsenydroom by die Universiteit van Pretoria, Onderstepoort aan te pak.

Sy was van die intreeslag bedrywig en het ’n verskil begin maak by Onderstepoort, van geld insamel vir liefdadigheid op die Joolkomitee, tot uitblink op die sportveld, en het onder andere as ondervoorsitter gedien op die koshuis se Huiskomitee.

Haar groot liefde vir kleinvee het begin toe sy vir vier jaar as ondervoorsitter van die Onderstepoort Produksiediergroep gedien het. Sy was ook voorsitter van die Skilderbokgroep, waar sy geleentheid vir medestudente probeer skep het om hul praktiese ervaring in die kleinveegebied te verbeter. Die Onderstepoort Produksiediergroep word deur studente bestuur en streef daarna om jong opkomende produksiedierveeartse meer van die landboubedryf te leer en waar hul buite hul veterinêre verantwoordelikhede betrokke kan raak.

Sy het haar studenteloopbaan by Onderstepoort op ’n hoogtepunt afgesluit deur haar graad met lof te verwerf, as een van die toptien beste kliniekstudente aangewys te word, en ’n dienstoekenning aan Onderstepoort te ontvang. Sy het ook die Nasionale Wolkwekersvereniging-prys vir beste kleinveestudent in 2018 ontvang.

Sherike sal graag gemengde praktyk wil betree, waar sy wil fokus op die kleinveegebied. Sy glo daar is baie ruimte vir veterinêre navorsing en opleiding vir kleinveeboere. Haar passie en entoesiasme vir kleinvee gaan nog ’n groot impak maak op die veterinêre en landboubedryf.

Foto deur Gordon Harris Photographic Studio.
 
ANIMAL WELFARE WARRIOR RETIRES
 
Prof. Gareth Bath, a name synonymous with the welfare of livestock, has stepped down from some of his responsibilities relating to challenges that threaten the management of livestock diseases.

As the convener of the Small Stock Health Advisory Body (SSHAB), deliberations over the years led to many realistic and defensible proposals to manage Ovine Johne’s Disease (OJD). Several changes and improvements could easily have been implemented, had the veterinary authorities accepted them. The only one that was supported was the Vendor Declaration, which has yet to be implemented.

Bath, emeritus professor at the University of Pretoria, received a Silver Ram Award from the National Woolgrowers Association in 2016 for his valuable contribution to the wool industry.

Prof. Bath still serves as chairman of the Livestock Welfare Coordinating Committee (LWCC), which has been in existence since 1978. The main objective of the LWCC is to take proactive measures to ensure humane and responsible handling of production livestock.

The National Woolgrowers’ Association of SA (NWGA) would like to thank Prof. Bath for his support to the wool- and other livestock industries and is convinced that his input, knowledge and experience have guided many over the years. His leadership resulted in a firm basis and sound framework for the rest of the industries to strive towards workable solutions regarding OJD and other livestock diseases.

Retirement should be a phase of life to be enjoyed after a long and successful career, which he has most certainly created for himself over the years. Go well, Prof. Bath, you will certainly be missed!
 
NWKV NOORD-KAAP DOEN GOED TEN SPYTE VAN DIE DROOGTE

Die NWKV Noord-Kaap het onlangs hul Algemene Jaarvergadering in Victoria-Wes gehou.

Fanie Dippenaar se voorsittersverslag was positief oor die drie streeksbyeenkomste wat in 2018 plaasgevind het. Die jaar het afgeskop by Oranjerivier Voere naby Prieska waar meer as 300 boere aandagtig geluister het na relevante onderwerpe en die voeraanleg, voerkrale en intensiewe boerdery besoek het. Daarna was Phillipstown aan die beurt, waar internasionale spreker Peter Ackroyd, president van die Internasionale Woltekstielorganisasie en ook aan die stuur van die Campaign for Wool, die boere toegespreek het. Die mees onlangse byeenkoms was by Fraserburg, waar Leslie Bergh van BenguFarm die sowat 50 boere ingelig het oor die gebruikersvriendelike boerderybestuursprogram. Boere is ook ’n tweedaagse aanvangskursus aangebied om die program optimaal te benut. Die alombekende Pierre Vlok van BKB het ’n interessante praatjie oor die belangrike onderwerp “Waarom is woloudit belangrik” gelewer en verantwoordelike wolproduksie by boere bepleit.

Aangesien streeksbyeenkomste meer boere op grondvlak bereik, beplan die NWKV Noord-Kaap om soortgelyke reëlings in 2019 te bewerkstellig, eerder as die hou van ’n provinsiale kongres. By hierdie streeksgeleenthede sal bestuurslede ’n nuwe applikasie (“app”) op hul slimfone kan gebruik om lede te werf en lidmaatskapvorms elektronies te behartig.

Beginnerboere en nuwe toetreders tot die bedryf (boere wat oorskakel vanaf vleis- na wolboedery), word spesiaal welkom geheet in die kringe van die NWKV Noord-Kaap met ’n geskenkpak wat bestaan uit ’n wolbesem, lengtekaartjie, wolklasstandaardeboek, pen en lisensieskyfhouer.

Die volgende persone is eenparig herverkies as leiers van die NWKV Noord-Kaap: Fanie Dippenaar as voorsitter, Pieter le Roux as visevoorsitter en Herman Hugo as ere-visevoorsitter.

Die volgende toekennings is gemaak:
Skeerselkompetisie:
• Leeuwfontein Boerdery (Noord-Kaap wenner) (nasionale derde plek))
• Kabod Boerdery (Noord-Kaap naaswenner) (nasionale vyfde plek)
 
Noord-Kaap meriete-sertifikate
• Pierre Vlok (BKB)
• Keith Coetzee (BKB, Williston)
• Jacques van Zyl (Zoëtis)
• Johan Botha (bestuurslid NWKV Noord-Kaap)
* Diederik Vermeulen (bestuurslid NWKV Noord-Kaap)

 
KEN JOU REGTE AS DIE MYNE AANKLOP
Die negatiewe invloed van mynbou op ons land se boerderybedryf bly ’n teer punt vir baie boere. Die probleem is egter dat provinsies soos Mpumalanga beide landbou en mynbou nodig het om ekonomies te groei.

Die Wolboer het ’n reeks artikels gepubliseer.

Besoek die NWKV webtuiste en kliek op die skakel: https://bit.ly/2B9qebP
Copyright © 2018 Agri Connect, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list