November 2017
NWKV Nuusbrief 56 / NWGA Newsletter 56

Inform us about events in your area or if you want to receive the newsletter. Contact Karen Grobler at
082 774 7008 or send an email to karen@agriconnect.co.za or Bonita Francis nwga@nwga.co.za or
call 041 365 5030.


Remember to visit our Facebook page.
The link is https://www.facebook.com/pages/NWGA/679678912058277
Facebook
 

VEEBESTUUR: WAT IS NÓÚ BELANGRIK?

Dr. Louis du Pisani het met Algoa FM gesels en gee in sy praatjie aan boere uiters belangrike advies oor daardie veebestuursaksies wat aan die begin van somer uitgevoer moet word, veral met betrekking tot boere wat nog onder droogte gebuk gaan.

Luister aanlyn by: https://www.youtube.com/watch?time_continue=3&v=C9nAjDZl08k of
https://www.nwga.co.za/downloads

 
PRAKTIESE OPLEIDINGSPROGRAM OM OOIKUDDES SE REPRODUKSIE TE MAKSIMALISEER
 
Boere word uitgenooi om ’n opleidingsprogram by te woon wat hulle sal help om hulle ooikuddes se reproduksie te verbeter.
 
Hierdie praktykgerigte program bied aan elke wolboer die geleentheid om daardie bestuursaspekte en
-vaardighede wat die grootste invloed op die ooikudde se reproduksie het, aan te leer en toe te pas.

Die NWKV-produksie-adviseurs het dié praktiese, maklik verstaanbare opleidingsprogram saamgestel wat boere sal help om die ideaal van “meer lammers, meer wins” te verwesenlik. Alle wolboere word uitgenooi om aan die program deel te neem.

Gesels met jou medeboere in jou distrik, landbouvereniging of studiegroep wat die program wil deurloop. Kontak dan jou naaste produksie-adviseur en bespreek jou groep se plek:
Jannie Fourie (Caledon) – 083 564 1105
Gawie van Wyk (Carnarvon) – 083 270 3161
Juan Venter (Middelburg) – 079 693 1953
Kobus Grobler (Queenstown) – 072 593 5601
Jan Louis Venter (Bloemfontein) – 083 650 1131
Bom Louw (Harrismith en Ermelo) – 082 652 2243
 
NWKV BIED UITSTEKENDE ONTLEDINGSDIENS AAN BOERE

Om doeltreffend te boer en die maksimum wins te behaal, is dit belangrik om jaarliks jou boerdery te ontleed en te evalueer sodat jy die nodige veranderinge en regstellings kan aanbring. Inskakeling by ’n ekonomiese studiegroep is ’n waardevolle medium wat boere kan gebruik om dié doelstelling te bereik.
 
Voordele
1.     Dit is ’n gratis diens deur die NWKV.
2.     Boere se inligting word hoogs vertroulik hanteer.
3.     Boere in ’n distrik vorm ’n studiegroep en kom jaarliks bymekaar, waar hulle geëvalueer word.
4.     Boere meet hulself teen hulself en/of teen boere binne die groep.
5.     Boere leer by mekaar en pas mekaar se suksesvolle praktyke toe.
 
Hoe dit werk
Deelnemers vul ’n vraelys in. Hierin word bestuursinligting versoek oor die boerderyonderneming se inkomste en uitgawes. Hierna word die inligting tot op die vlak van netto boerderyinkomste verwerk. Elke deelnemer kry ’n volledige verslag wat persoonlik met hom of haar bespreek word. Aanbevelings word dan gemaak vir monitering tydens ’n volgende evaluering. Om deel te neem, skakel die NWKV-produksie-adviseur in jou gebied.
 
WOOL TRADE STOOD IN SOLIDARITY WITH SLAIN FARMERS

Approximately 60 members of the wool trade in Port Elizabeth gathered to stand in solidarity with slain farmers countrywide in an attempt to bring the plight of farm murders to the attention of the public and the authorities.

The call to wear black on Monday, 30 October, was trending on social media platforms and the trade decided to pay respect to and recognise those who had lost their lives on farms and smallholdings.

 
 TOP DOHNE MERINO-TELER AANGEWYS
 
Die NWKV wens vir Henry du Plessis, van Waaifontein op Kareedouw, baie geluk met sy aanwysing as streekswenner van die Dohne Merino Top Teler-kompetisie – voorwaar ’n besondere prestasie en ’n welverdiende toekenning aan ’n top boer.

Henry is ook deel van die Zuuranys-studiegroep wat verlede jaar die NWKV se Bennie van der Merwe-wisseltrofee losgeslaan het.

 
LESSE GELEER UIT DIE AFGELOPE DROOGTE 

’n Bietjie goeie advies van die Zuuranys-studiegroep, Kareedouw, saamgestel tydens hulle byeenkoms op 25 Oktober:
  1. Moenie moedeloos raak nie. Bly positief. Moenie te gou tou opgooi nie. Moenie emosionele besluite neem nie. Hou by praktyke wat werk.
     
  2. Bly binne die plaas se drakrag – dit is ʼn goeie versekeringspolis wanneer dit droog word. Sorg dat daar altyd reserwes op die veld is, want dit is die beste voerbank.
     
  3. Wees geduldig met die groei van die veld ná die droogte. Die plante se reserwes is laag en neem ʼn tyd om ten volle te herstel.
     
  4. Die lae rentekoerse en mielieprys, asook die goeie vleis- en wolpryse, het die pyn egter verlig.
     
  5. Begin vroegtydig om die veestapel te verminder. Begin eerste met die beeste en ou en onproduktiewe ooie. Probeer om die produktiewe skaapkudde eerder na ander grond te verskuif as om dit te verkoop.
     
  6. Die toediening van kruipvoer en die vroeë speen van lammers was goeie besluite, want dit het die druk op voerbronne en die ooie aansienlik verlig.
     
  7. Alhoewel die brand van veld ʼn standaardpraktyk in die gebied is, moet die veld nie in ʼn droogte gebrand word nie.
     
  8. Wees bedag daarop dat swak voorbereide ooie wat ná die droogte ingekoop word, goed lam, maar baie lammers verloor. As daar nie goed voorbereide ooie beskikbaar is nie, koop eerder droë ooie en maak seker hulle word goed voorberei.
     
  9. Droëlandse saaiery vir wintervoer bly riskant in die gebied (Kareedouw), veral in ondergemiddelde reënvaljare. Dalk is dit beter om eerder mielies aan te koop en droëlandse lusern te vestig as om uitgawes vir droëlandse winterweidings aan te gaan.
     
  10. As droëlandse winterweiding wel aangeplant word, doen dit net vir die tweelingooie.
     
  11. Aangeplante weidings onder besproeiing verlaag die risiko dat daar tydens ’n droogte nie genoeg voer beskikbaar gaan wees nie.
 

WEERSOMSTANDIGHEDE DRA BY TOT GROOT VERLIESE 

Die NWKV neem kennis van produsente wat groot skade gely het vanweë die onlangse uitermatige koue toestande, asook produsente wat in gebiede van die Oos-, Wes- en Noord-Kaap steeds onder ’n knellende droogte gebuk gaan.

Namens die bestuur van die NWKV bid ons vir genade en spoedige verligting vir elkeen wat hierdeur geraak word. Die NWKV spreek ook sy dankbaarheid uit teenoor elke individu en instansie wat op watter wyse ook al ‘n bydrae lewer om uitkoms te bring.

Produsente word weer eens daaraan herinner dat die NWKV ’n rampversekeringskema met Hollard beding het vir veeverliese weens koue, hael en weerlig. Hierdie skema is teen spesiale tariewe aan NWKV-lede beskikbaar. Besoek gerus die NWKV-webwerf vir verdere inligting.

 
STRONG DEMAND SUSTAINS THE MARKET

On the back of strong demand for quality Merino wool, the wool market gained further momentum over the past month. Although the weaker rand may have provided some support, it is interesting to note that the local currency was trading at approximately the same level against the US dollar as during the same sale the previous season. At the time prices were at much lower levels. The final sale in October 2016 saw the Cape Wools Merino indicator closing at R152,20/kg –  almost 20% higher than the price fetched during the previous season.

READ THE FULL STORY HERE
 
FOCUS ON ANTIBIOTIC RESISTANCE

Antibiotic resistance happens when bacteria change and become resistant to the antibiotics used against them to treat the infections they cause. These infections become difficult to treat in animals and people.

To counter this trend, the Department of Agriculture, Forestry and Fisheries (DAFF) held a World Antibiotic Awareness Week from 13 to 19 November and highlighted methods for preventing antibiotic resistance.

 
PROTECT YOUR ANIMALS AGAINST INSECT AND TICK-BORNE DISEASES 

Are your animals protected against ticks and tick-borne diseases?

This was the key message in the October 2017 report on livestock disease trends, as reported informally by veterinarians countrywide.

The rainy season is ahead of us and insect-transmitted diseases such as lumpy skin disease, bluetongue, three-day stiff-sickness, Rift Valley fever, Wesselsbron disease and African horse sickness might occur if your animals have not been vaccinated in time. Discuss the measures you can take to keep these diseases in check with your veterinarian.

Tick-transmitted diseases such as African and Asiatic redwater, heartwater and anaplasmosis will also cause huge losses if the correct management programmes are not followed.

Moisture and heat are ideal conditions for outbreaks of internal parasites. Discuss which products to use with your veterinarian, as well as the five-point check for diagnosing internal parasite problems in small stock.

Read the full report:
https://www.ruvasa.co.za/wp-content/uploads/2014/09/10-Monthly-disease-report-October-2017-2.pdf


DOWNLOAD YOUR NOVEMBER COPY OF THE PREDATION NEWSLETTER HERE! 

The November newsletter contains articles on municipalities and stray dogs; PMiC seeking information to build an institutional memory; from the news desk of PMiC, an extension of the period for commenting on the Scientific Assessment; scab-infected jackal to be seen; and the first extract from an article by Dr Gerhard Verdoorn on predators and farmers ("Roofdiere en boere: ken jou vyand"):
https://www.pmfsa.co.za/images/news/PMF_Nov2017.pdf

Copyright © 2017 Agri Connect, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list