September 2017
NWKV Nuusbrief 54 / NWGA Newsletter 54

Inform us about events in your area or if you want to receive the newsletter. Contact Karen Grobler at
082 774 7008 or send an email to karen@agriconnect.co.za or Bonita Francis nwga@nwga.co.za or
call 041 365 5030.


Remember to visit our Facebook page.
The link is https://www.facebook.com/pages/NWGA/679678912058277
Facebook
 

Caledon-jongooie toon uitstekende kondisie, ten spyte van droogte  

Ses Merino- en 14 Dohne Merino-kuddes het vanjaar deelgeneem aan Caledon se kudde-evaluasies wat teen die middel van Augustus plaasgevind het. Ten spyte van ’n droë jaar was die jongooie in ’n uitstekende kondisie. 

 

Klik hier om te sien wie die wenners was
 
Kudde-evaluasie lok goeie opkoms by
Caledon-inligtingsdag

As uitvloeisel van die kudde-evaluasies op Caledon is ’n suksesvolle inligtingsdag op Roodebloem, die plaas van Carel le Roux, gehou.
 
Predasiespesialis Niel Viljoen het die stel van ’n rooikathok prakties gedemonstreer en die ongeveer 115 boere wat die geleentheid bygewoon het oor predasiebestuur ingelig. Hans Smit van die Agribase Group – ’n makelaar by die JSE – het die nuwe, en tot dusver onbekende meganisme, van wolverhandeling op die JSE verduidelik.
 
’n Langtermynproef is op Roodebloem aan die gang waar jongooie na willekeur vir beter reproduksie gevoer word en Bertie de Wet van Meadow Voere het ’n vorderingsverslag daaroor gelewer.
Lees die volledige storie
 
Refreshing the skills of wool sheep farmers in the Maluti before shearing

A district in the Matatiele local municipality is producing wool of exceptional quality. Shearing sheds Ntlazibeni, Luphindo, Vukuzenzele, Nyanzela and Bhubesi recently benefited from a wool-handling and classing demonstration presented by NWGA production adviser Luvuyo Nyamela.
 
According to Nyamela, it is customary for farmers to increase their knowledge and hone their skills before shearing. He therefore briefed those present on clean yield, wool length, quality, staple strength, appearance and the condition of the wool.
Read the full story
 
Landbou lig die ekonomie uit resessie

Suid-Afrika se ekonomie is nie meer in ’n resessie nie ná ’n groeisyfer van 2,5% kwartaal op kwartaal in die tweede kwartaal behaal is, luidens ’n mediaverklaring van Agri SA.
 
Die bruto nasionale produk (BNP) het gekrimp met 0,7% in die eerste kwartaal van 2017 ná ’n afname van 0,3% in die vierde kwartaal van 2016, wat die land in ’n tegniese resessie gedompel het.
 
Hoewel hierdie broodnodige groei deur alle Suid-Afrikaners verwelkom word, is Agri SA bekommerd dat dit slegs ’n beperkte uitwerking sal hê op die ekonomie aangesien aanwysers oor die  langer termyn gedempte groei voorspel.
 
Agri SA is egter verheug oor die landbou se positiewe groei in ’n tweede agtereenvolgende kwartaal en die breër positiewe impak daarvan op die ekonomie.

 
Lees die volledige storie

Van links: Guillau du Toit, nasionale voorsitter, Herman Hugo, nasionale visevoorsitter,
Lilian Maree, sekretaresse, Fanie Dippenaar en Pieter le Roux.

 
 
Nuwe voorsitter vir Noord-Kaapse NWKV

Fanie Dippenaar van Rooivlei, Carnarvon, is die nuwe voorsitter van die Noord-Kaapse NWKV. Hy het die leisels oorgeneem by Herman Hugo, wat by die onlangse NWKV-kongres verkies is tot nasionale visevoorsitter van die NWKV. Pieter le Roux van Eselfontein by Fraserburg is herverkies tot visevoorsitter.
 
Baie geluk, Fanie en Pieter. Mag die Noord-Kaap verder floreer onder julle leierskap.

 
South Africa experiences best wool season in decades

According to Cape Wools SA (CWSA), the 2016/17 season was one of the best in decades. Not only did production increase to over 50 million kg, but prices were also at high levels.

Total greasy wool recipients increased by 3,6% to 52,5 million kg (mkg), with the Eastern Cape once again contributing the largest percentage (35%), followed by the Free State and the Western Cape. Only three magisterial districts – two in the Western Cape and one in the Eastern Cape – managed to deliver more than a million kg. These were Bredasdorp (1 209 328 kg), Caledon (1 279 472 kg) and Barkly East (1 076 464 kg).

 
Read the full story
 

A feather in the cap for NWGA shearer training


Theuns Barnard, sheep and wool adviser at BKB, recently expressed the following heartfelt message to Izak Klopper, NWGA shearer manager, and Themba Khoza, NWGA shearing instructor:
 
“To whom it may concern
 
“Please allow me to express my gratitude to the following persons, and for the following reasons:
 
“Many shearing teams comprise shearers who just cannot cope with pressure and those who struggle to shear, resulting in some “low blows” in the field. One spends a lot of unnecessary time on teams like these to fill the gaps in their shearing programme, just to ensure that one doesn’t leave an open door for the opposition. Therefore I contacted Izak Klopper in February with a specific request to use the services of shearing instructor Themba Khoza. Thank you, Izak, for your willingness to agree to this request. I will most definitely make use of this service on a more regular basis in the future.
 
“Themba, I want to thank you for assisting me and my shearing team to gain more confidence and overcome many of the difficulties in the field. You deserve more than my thanks for the time spent during the month of August in training some of my more demanding shearing teams. The feedback received from clients, especially in the Ventersdorp district, was way more positive than that received last year. We also managed to complete the shearing process a lot quicker than last year, much to the satisfaction of my client.
 
“I want to thank you from the bottom of my heart for the respect that you showed my shearing team, as well as the training that I received from you.
 
“Thank you, my friend, and have a good week.”

 
RPO en NWKV in die Oos-Kaap smee bande tot voordeel van ekstensiewe veebedrywe


Ses suksesvolle streeksvergaderings het vanjaar in die Oos-Kaap plaasgevind. Die  NWKV en RPO het weer eens hul pogings saamgesnoer om die boere oor die werksaamhede van die onderskeie bedryfsorganisasies in te lig. Die distrikte van Barkly-Oos, Burgersdorp en Cathcart het gedurende Julie hierby baat gevind en die tweede reeks het gedurende Augustus te Middelburg, Aberdeen en Kareedouw plaasgevind.

Lees die volledige storie
 
Bredasdorp baat by predasie-inligtingsdag


Zeekoeivlei, Bredasdorp, is reeds die afgelope vyf jaar ’n predasiemoniteringsplaas en was die mees geskikte plek vir die aanbieding van die predasie-inligtingsdag aan die einde van Augustus.
 
Die Wes-Kaapse NWKV en Niel Viljoen het die dag gereël, wat deur ongeveer 24 belangstellendes bygewoon is. Die eienaar van Zeekoeivlei, Pieter Albertyn, het die suksesvolle gebruik van alpakkas as een van die beheermetodes bespreek en het laat blyk dat alpakkas onlangs vir die eerste keer op ’n veiling in Bredasdorp aangebied is.

 

Lees die volledige storie
 
Pragooie vertoon, ten spyte van droogte


Vir die afgelope 32 jaar vind daar ’n kuddekompetisie op George plaas en vanjaar het die ooie uitsonderlik geskitter ten spyte van droogte in die streek.
 
Die George-skouterrein was bedrywig aan die einde van Augustus toe 80 ooie, wat behoort aan 10 deelnemers met agt ooie elk, deur Gawie van Wyk (NWKV Carnarvon) en Corne Nel (BKB Beaufort-Wes) beoordeel is. Die wenners was soos volg …

Lees die volledige storie
 
Verpak kruisteelwol apart om besoedeling te vermy

Die NWKV se nasionale voorsitter, Guillau du Toit, het met RSG Landbou gesels oor wolbesoedeling. Hy het spesifiek melding gemaak van kruisteling waar hy boere maan om versigtig te wees wanneer hulle kruisteelwol hanteer.
 
Dit is belangrik dat wanneer kruisteling toegepas word, dit nie gedoen word met skaap wat kempdraende rasse is nie.  Indien kruisteelwol bemark word, moet die boer verseker dat dit apart verpak en duidelik sigbaar gemerk word.
 
Luister na die volledige onderhoud : https://agriorbit.com/nwkv-voorsitter-praat-oor-wolbesoedeling/

 
Former chairperson makes wool growers proud 

The National Wool Growers’ Association is delighted that former national chairperson Harry Prinsloo has been elected the deputy chairperson of the National Agricultural Marketing Council (NAMC), serving alongside chairperson Prof. Phineas Chauke.

Lees die volledige storie
DOWNLOAD YOUR COPY OF THE PMF NEWSLETTER HERE!

September 2017: http://www.pmfsa.co.za/images/news/PMF_Sept2017.pdf

Copyright © 2017 Agri Connect, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list