Julie/July 2017
NWKV Nuusbrief 52 / NWGA Newsletter 52

Inform us about events in your area or if you want to receive the newsletter. Contact Karen Grobler at
082 774 7008 or send an email to karen@agriconnect.co.za or Bonita Francis nwga@nwga.co.za or
call 041 365 5030.


Remember to visit our Facebook page.
The link is https://www.facebook.com/pages/NWGA/679678912058277
Facebook
 

Belangrike praktyke vir die koue maande 

Dr. Louis du Pisani het met Algoa FM (se Agri Fokus-program) gesels oor die bestuurspraktyke wat nou belangrik is vir lammers van drie tot vier maande.
Luister gerus daarna by: http://www.nwga.co.za/mp3/Agri_Focus_Julie.mp3
 
Hy versoek voorts dat boere wat lammervrektes as gevolg van E.coli-besmetting ervaar, daardie bevestigde gevalle aan die NWKV moet rapporteer.
Luister na dié gesprek by: http://www.nwga.co.za/mp3/Agri_Focus_Julie1.mp3

 
Oos-Kaapse NWKV staan uit by wildsfees

"Die mooiste stalletjie daar," is hoe Theuns Botha, van die Oos-Kaapse Landbouweekblad, die wolstalletjie by die onlangse Kirkwood-wildsfees beskryf het.


NWKV-hoofbestuurder Leon de Beer was ook daar om aan besoekers te wys wat die stalletjie alles gebied het. Dit was voorwaar ’n fees vir die oë.

Welgedaan aan HB van der Walt, voorsitter van die Oos-Kaapse NWKV, sy vrou, Grania, en die res van die Oos-Kaapse span, naamlik Juan Venter en Lynette van der Walt, vir ’n suksesvolle uitstalling.

 

Kuddekompetisie herleef vanweë boere se passie vir hul wolskape
 
Vanweë sy passie en liefde vir wol en skaapboerdery, het Arno Steenkamp verlede jaar ’n mini-kuddekompetisie in Heidelberg gereël. Ten spyte van moeilike droogte-omstandighede is daar teen einde Junie vanjaar 20 jongooie van nege deelnemende boere afgetel, geweeg en beoordeel. Kobus Human was die algehele wenner.
Lees die volledige storie
OV
 
Eastern Cape NWGA and RPO hold roadshows

Farmers in the Barkly East, Burgersdorp, Cathcart and surrounding areas were called to attend the Eastern Cape roadshows held from 25 to 27 July. The theme “How to survive in today’s financial environment” was unpacked by a panel consisting of Billy van Zyl  from Cape Wools SA, Dr Louis du Pisani from the NWGA, HB van der Walt, NWGA Eastern Cape chairperson, and Francois du Toit, RPO Eastern Cape chairperson. Farmers had the opportunity to discuss relevant matters and topics relating to the wool and red meat industries.

With thanks to Zoetis, Voermol, GWK, BKB and Nedbank for their generous support and sponsorship.

HB van der Walt

 
Pogings om Afrino-ras te bevorder
 
Op Dinsdag, 13 Junie 2017 het die Afrino Skaaptelersgenootskap ’n baie geslaagde inligtingsdag op Klerefontein-proefplaas buite Carnarvon aangebied. Die dag is bygewoon deur ongeveer 40 boere, telers, amptenare van BKB en OVK/CMW, die NWKV asook heelwat opkomende boere. Die president van die genootskap, George Stegman, het gesê daar is besluit om meer sulke dae te hou in die streke waar die Afrino-ras meer voorkom, om sodoende die ras te bevorder en om boere wat met die Afrino boer, bymekaar te bring.
Lees die volledige storie
 

Zambië wil hoor van suksesvolle ontwikkelingsprojek   

Die NWKV se hoofbestuurder, Leon de Beer, was vandeesmaand in Zambië waar hy ’n werkswinkel bygewoon het wat gereël is deur die Afrika-unie (AU) se Inter-Afrika Buro vir Dierehulpbronne (AU-IBAR).
 
Die NWKV is versoek om hul opleidings- en ontwikkelingsprojek vir kommunale boere voor te hou as ’n voorbeeld van ’n suksesvolle ontwikkelingsprojek ten aansien van lewende hawe vir opkomende produsente. Leon se voorlegging is baie goed ontvang en, as ’n uitvloeisel daarvan, is baie vrae daaroor gestel.

 

Modern Merinos weer die beste jongooiklub 

Benewens ’n opwindende interskou tussen jongooiklubs is ’n veelsydige en interessante inligtingsdag onlangs op die plaas Vrede in die Philipstown-distrik gehou. Volgens Diederik Vermeulen, plaaseienaar en sameroeper, was daar ’n goeie opkoms en het die meer as 200 mense gebaat by al die aktiwiteite. Boere van so ver as Edenburg, Graaff-Reinet en Middelburg het die dag bygewoon. Die hoogtepunt, naamlik die aankondiging van die klub met die beste Merino-ooitjies, is vir ’n tweede jaar toegeken aan Modern Merinos van Hanover, met die jongooiklubs van Philipstown in die tweede en Noupoort in die derde plek. Volgens beoordelaar Gawie van Wyk was die ooitjies van ’n uitstaande gehalte.

Lees die volledige storie
 
6th Communal congress seeks solutions to threats

The Falakahla community in Idutywa district will play host to the 6th Eastern Cape Communal Woolgrowers’ Association (ECCWGA) Congress to be held on 24 August 2017.

Issues of land, value adding, infrastructure, ram breeding and genetics and stock theft are concurrent challenges facing communal farmers.  

For more information, contact ECCWGA secretary Olivia Sigidi on 083 244 6405.

Read the full story
DOWNLOAD YOUR COPY OF THE PMF NEWSLETTER HERE!

July 2017: http://www.pmfsa.co.za/images/news/PMF_Julie2017.pdf

Copyright © 2017 Agri Connect, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list