View this email in your browser

Maart/March 2017

NWKV Nuusbrief 50 / NWGA Newsletter 50

Inform us about events in your area or if you want to receive the newsletter. Contact Karen Grobler at 082 774 7008 or send an email to karen@agriconnect.co.za or Bonita Francis nwga@nwga.co.za or call 041 365 5030.

Remember to visit our Facebook page.
The link is https://www.facebook.com/pages/NWGA/679678912058277
Facebook
 

NASIONALE VOORSITTER WEI UIT OOR SY SKEERSEL

Die NWKV se nasionale voorsitter, Guillau du Toit, van Witfontein, Fraserburg, het gedurende Maart geskeer. Hy het gesê danksy die goeie reën in die begin van 2016 het die droogte nie ’n noemenswaardige invloed op die huidige skeersel nie, maar dat hy verwag skeersels sal wel fyner toets. ’n Afname is aangeteken in die gewig van vagte.

Lees meer
 

"POSITIEF OOR DIE TOEKOMS VAN DIE LANDBOU"

 
Dit was die oorwegende gesindheid van sprekers wat Saterdag, 4 Maart, by die Jaarvergadering van die Wes-Kaapse NWKV in Swellendam opgetree het.

Omri van Zyl, Agri SA se uitvoerende direkteur, Hugo Lochner van FarmBiz, ’n ou bekende in boerderykringe, asook BKB se Robert Scott, het die ongeveer 130 belangstellendes met bemoedigende boodskappe oor die toekoms van die landbou − en dan spesifiek die toekoms van wolboere − in Suid-Afrika gemotiveer.
 
WES-KAAPSE OPKOMENDE BOERE:
BESTE WOL- EN VLEISSKAPE AANGEWYS

Tydens die Swellendam-skou vroeër vandeesmaand het die NWKV Wes-Kaap ’n kuddekompetisie vir opkomende boere aangebied. Die goeie kondisie van die jongooie van die ses deelnemers was opmerklik. Dit was dus nie ’n maklike taak om wenners in die wolskaap- en vleisskaapafdelings aan te wys nie. Die algehele wenner in die wolooi-kategorie was Naomi Michaels van Barrydale. A. Fluks van Suurbraak was die algemene wenner in die vleisooi-kategorie.
 

SKEERDEMONSTRASIES LOOP UIT OP FORMELE SKEERKURSUS VIR LEERDERS


Altesaam 90 leerders wat ’n landbouvak(ke) soos Landbouwetenskap, -bestuur en -tegnologie as vakkeuse(s) in graad 10 en 11 neem, het verlede week skeerdemonstrasies in Caledon, Porterville en die Boland bygewoon. Van die leerders se belangstelling is sodanig geprikkel dat hulle ’n formele skeerkursus vanaf 30 Maart tot 7 April op ’n plaas naby Darling gaan bywoon.
Lees meer
 

SKEERDEMONSTRASIE GEHOU BY BLOEMFONTEINSE MEISIESKOOL  


Izak Klopper en sy skeerspan het in Maart by die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein besoek afgelê om ’n demonstrasie te gee van hoe skape geskeer word. Hulle het ook die proses waarvolgens die wol gespin en vandaar in ’n trui gebrei word, gedemonstreer. Die meisies het die besoek baie geniet en weet nou beslis meer van skeer, spin en brei. 
 

NWKV GENOOI OM VLV OOR WOL TOE TE SPREEK


Een keer per maand word landbousake by die Vroue-Landbouvereniging (VLV) in die Kragga Kamma-streek, Port Elizabeth, bespreek. Bonita Francis, kommunikasiebeampte by die NWKV-hoofkantoor, het sowat 40 vroue hier toegespreek oor wol se merkwaardige hoedanighede. Groot was haar verbasing toe een van die tantes nostalgies sê dat die rou wol op die uitstalling haar laat dink aan haar jong dae toe sy as kind die wol moes klas en die loks-wolle uitmekaar moes haal. Tydens die toespraak het Francis vinnig agtergekom dat baie van die vroue “woltaal”  verstaan – hulle ken wol!
Lees meer
Van links: Prof. Dirk Coetzee, Johan van der Colff, Alex Cilliers, Herman Hugo, dr. Louis du Pisani en Gerhard Schutte.
 

GOEIE OPKOMSTE BY NOORD-KAAPSE STREEKSDAE


Herman Hugo, Noord-Kaapse NWKV-voorsitter, het sy tevredenheid uitgespreek omdat ongeveer 138 boere die Noord-Kaapse streekvergadering bygewoon het. Hy het die kontak en interaksie tydens die byeenkoms, wat die tema ‘Wat is jou verskoning om nie suksesvol te boer nie?’, as “hoogs suksesvol” beskryf.
Lees meer
 

NOORD-KAAPSE BOERE EN HUL PLAASWERKERS WORD BEMAGTIG


Twee vlieë met een klap!

Terwyl die Noord-Kaapse NWKV en die RPO se gesamentlike streeksinligtingsdag in Fraserburg in volle gang was, het die NWKV se produksie-adviseur Gawie van Wyk die geleentheid gebruik om 32 plaaswerkers op te lei. Boere is versoek om hul plaaswerkers saam te bring na die inligtingsdag waar hulle baie by Gawie kon leer, vanweë sy kundigheid oor veehantering, hanteringsfasiliteite, die ent- en doseer van skape en dieresiektes.

Lees meer
 

FREE STATE ANNUAL CONGRESS


The NWGA Free State Congress was hosted at the Amanzi Game Reserve in Brandfort on 15 and 16 March 2017. Louis de Beer (Cape Wools) and Prof. Gareth Bath (Onderstepoort) addressed the congress.
Congratulations to Cobus de Jager (right) and Herman Archer (left) on being re-elected as Chairperson and
Vice-Chairperson respectively. The following sponsors are thanked: VKB, Nedbank, Telwiedre, ABSA, BKB, Zoetis, OVK / CMW and Weideman Livestock Pellets.

LANGDIENSTOEKENNING

Seuntjie Radiboke (middel), administratiewe beampte van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) in Bloemfontein, wat saam met Izak Klopper (afwesig), bestuurder van skeeropleiding by die NWKV, ’n dienstermyn van 20 jaar voltooi het. Radiboke het sy loopbaan in 1988 by die destydse Wolraad begin voordat hy hom agt jaar later by die NWKV aangesluit het. Links is Cobus de Jager, wat onbestrede saam met Herman Archer (afwesig) onderskeidelik as voorsitter en ondervoorsitter van die Vrystaatse tak herkies is. Guillau du Toit (regs), nasionale voorsitter van die NWKV, het die toekenning oorhandig. Foto en onderskrif: Johan Norval, Landbouweekblad

 

DULLSTROOM-SKAAPSTUDIEGROEP LEER BY MEDEBOERE 

Armmanslusern en lamhokke het byval gevind by die Dullstroom-skaapstudiegroep toe hulle in Maart besoek afgelê het by Dolf Bam naby Amersfoort en Paul Grey naby Ermelo.

NWKV-produksie-adviseur Bom Louw het 10 lede van die studiegroep na Amersfoort vergesel waar lamhokke by Dolf Bam besigtig is. Armmanslusern, ’n gewas wat beskryf word as ’n oplossing vir baie jare se duur hooiproduksie en voervloeiprobleme, is besigtig op die plaas van Paul Grey, wat voorts ook verduidelik het hoe lamstelsels suksesvol op sy plaas toegepas word. Zoetis se Tobie Alexander en Johannes van Rooyen het vir al die ekstras gesorg.

 

PREDATION MANAGEMENT INFORMATION CENTRE NOW OPERATIONAL  


The University of the Free State has signed service agreements with all four industries represented on the Predation Management Forum (PMF) to establish and manage a Predation Management Information Centre (PMIC). We urge farmers, wildlife ranchers, civil society, the retail sector, regulatory authorities and any other stakeholder affected by predation to contact the PMIC at 051 401 2210 on weekdays from 08:00 to 16:00 or use the email PredationMC@ufs.ac.za.
Read more
 

RONDLOPERDIERE IN MUNISIPALE AREAS  


Port Alfred en Alexandria in die Oos-Kaap was gewikkel in ’n hofgeding nadat ’n suksesvolle hofbevel teen die Ndlambe-munisipaliteit, die munisipale bestuurder en die uitvoerende burgemeester verkry is om regulasies oor die aanhouding van diere binne woongebiede van die munisipaliteit en op munisipale meentgrond en oop ruimtes af te dwing.
Lees meer
 

DOWNLOAD YOUR COPY OF THE PMF NEWSLETTER HERE

Copyright © 2017 Agri Connect, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list