Junie/June 2017
NWKV Nuusbrief 51 / NWGA Newsletter 51

Inform us about events in your area or if you want to receive the newsletter. Contact Karen Grobler at
082 774 7008 or send an email to karen@agriconnect.co.za or Bonita Francis nwga@nwga.co.za or
call 041 365 5030.


Remember to visit our Facebook page.
The link is https://www.facebook.com/pages/NWGA/679678912058277
Facebook

DIE ABC VAN DIE JSE

Daar is baie onsekerheid onder boere oor watter voordeel die termynkontrak vir hulle kan inhou. Wolboer / Wool Farmer het met Chris Sturgess, direkteur:  afgeleide kommoditeite op die JSE gepraat en met hierdie artikel poog die NWKV om wolboere daaroor in te lig. Lees die volledige artikel op die NWKV-webtuiste: http://www.nwga.co.za/images/downloads/JSE_artikel.pdf

 

Goeiegehalte-ooie, ten spyte van droogte 

Mosselbaai word beskou as die vader van die oudste Merinokuddekompetisie in die land, deurdat hierdie suksesvolle dag vanjaar vir die 39ste jaar deur BKB  in samewerking met die NWKV aangebied is. Ten spyte van die droogte, het hierdie streek vanjaar die meeste deelnemers nóg opgelewer, met puik resultate.

LEES MEER
 

Bo-Karoo-boere ding mee om
beste jongooiklub      

Die Bo-Karoo-interskoukompetisie word vir Vrydag, 21 Julie 2017, op Diederik Vermeulen se plaas Vrede in die Philipstown-distrik beplan. “Vanjaar se interskoukompetisie tussen jongooiklubs gaan selfs nog meer suksesvol as laasjaar wees,” sê Vermeulen, koördineerder van die reëlingskomitee, nadat meer as 400 boere, ramtelers, skoliere en besigheidsmense verlede jaar opgedaag het. 

LEES MEER
 
Beaufort-Wes hou sy eerste kuddekompetisie 

Beaufort-Wes se jaarlikse skou het vir die eerste keer ’n kuddekompetisie opgelewer. Dit het groot byval onder kommersiële en opkomende boere gevind. Wolmakelaars BKB en OVK/CMW se verteenwoordigers het goeie deelname onder die boere bewerkstellig deurdat die 17 deelnemers 22 groepe van 10 ooitjies elk ingeskryf het.

LEES MEER
 
Grade 2 learners excited about sheep
and wool

The NWGA head office was again approached by Cotswold Primary School in Port Elizabeth with a request to tell their Grade 2 learners more about wool.  This involved Grade 2 learners only as the topic “How do animals react to the seasons?” forms part of their curriculum.

READ MORE
 
Moet nie vrotpootjie met sweerklou
verwar nie 

Jannie Fourie, NWKV-produksie-adviseur in die Wes-Kaap, gee feitelike inligting oor die simptome, oorsaak en oordrag van vrotpootjie en sweerklou. Lees hier: http://www.nwga.co.za/images/downloads/Vrotpootjie.pdf

 

Het die afgelope droogte in die Vrystaat ‘n effek op wolproduksie gehad?     

Jan Louis Venter, Vrystaat NWKV se produksie-adviseur, meen dat die droogte beslis ’n rol gespeel het in die afname in wolproduksie in die Vrystaat. Die huidige tekort aan vroulike diere vertraag die herstel van die bedryf. Boonop behaal ooie baie goeie pryse. Die goeie wolpryse stimuleer wolproduksie en die produksie behoort binne die volgende twee jaar weer op die vlakke van 2013 en 2014 of selfs hoër te wees. Produsente moet wol egter verantwoordelik produseer en sorg dat hulle nie die Suid-Afrikaanse skeersel besoedel nie, sodat ’n hoëgehalteproduk aan die kopers gelewer kan word. Lees die volledige artikel by:
http://www.nwga.co.za/images/downloads/JLV_Effek_droogte_VS.pdf

 

Dutch visitors meet rural farmers 

A Dutch brother-and-sister team, Elvira and Fabian de Jong, visited the NWGA head office in May, from where they made their way to the Ndindwa shearing shed in Middledrift. Elvira, a lawyer practising corporate business law in Paris, is inspired by the beauty of South Africa and its people. They were overwhelmed by the warm welcome they received from the wool growers of Ndindwa, and left with a promise to return. They also shared their vision of buying quality communal wool with a view to manufacturing scarves and floor rugs to sell in Europe.

READ MORE
 

Noord-Kaapse voorsitter skitter in sy rol om die NWKV te bevorder 

Groot was die belangstelling toe ongeveer 60 persone in Mei by die Calvinia-kerksaal opgedaag het vir die NWKV-streeksbyeenkoms. Herman Hugo, voorsitter van die Noord-Kaapse NWKV, het gesê die NWKV as organisasie is ’n vennoot in suksesvolle besigheidsondernemings. Hy het breedvoerig gesels oor die NWKV se doelwitte, hoe die nuwe sagteware vir die databasis baie akkuraat aangewend word vir ledenavrae en administrasie en hoe ledewerwing ’n absolute prioriteit vir gesonde groei en finansiële onafhanklikheid is. Daar was ook sprekers van Agri SA, LifeXchange en Zoetis.

LEES MEER
 

NWKV reël interessante weidingstoer in die Oos-Vrystaat

Bom Louw, NWKV se produksie-adviseur vir die Oos-Vrystaat, KwaZulu-Natal en Mpumalanga, het onlangs ’n weidingstoer gereël. Die Vrystaatse NWKV-voorsitter, Cobus de Jager, en Louw het die geleentheid benut om saam met Paul Zietsman van Vrede, Christo van Vuuren van Kestell en Suzette Smalberger, akkerbounavorser van VKB, die tweedagtoer mee te maak.

LEES MEER
 

Week-long communal road shows conducted

The week of 19 June saw the start of communal road shows in Sterkspruit, at which the invited stakeholders aimed to discuss and address their duties and responsibilities. The communal wool farmers of the NWGA indicated the need to learn more about the structures of the various role players in the South African wool industry. Local shearing sheds were used as venues for the events and the five regions planned to host their road shows in the districts of Maclear on Tuesday, Engcobo on Wednesday, Butterworth on Thursday and Middledrift on Friday.

READ MORE
 

Pledge your support for the 10 principles of best practice 

The Dumfries House Declaration was officially endorsed by His Royal Highness, The Prince of Wales, as patron of the Campaign for Wool. This ten-point declaration of intent to support an environmentally responsible, sustainable and commercially viable wool industry seeks to become the recognised standard of best practice in the wool industry. By pledging your support for this declaration, you are committing your company to abide by the 10 principles of best practice.
 
The NWGA took a formal decision at its recent national congress to support this declaration. We therefore encourage all producers to sign the declaration and thereby commit all its efforts, time and talents to promote, educate and enforce the wonderful natural attributes of the wool fibre, as contained in the declaration.


 
Click here to sign the declaration:
http://www.campaignforwool.org/the-campaign/the-dumfries-house-declaration/

 

Hanterings- en vervoergeriewe teen spesiale prys vir NWKV-lede

Soek u ’n kwaliteitproduk teen ’n billike prys wat arbeid vergemaklik en besparings in die hand werk? 

DBL Engineering bied aan alle aktiewe lede van die NWKV ’n 5%-afslag op alle kleinveehanterings- en vervoergeriewe aan. Vóór afslag is die pryse reeds baie mededingend. DBL Engineering onderneem om daarby ’n verdere 5% van elke transaksie aan die NWKV oor te betaal.

Verstelbare laaibanke, beesnekklampe, verskuifbare beeskrale, sleepwaens, verskuifbare skaapkrale, verstelbare skaaplaaibanke, skaaptilte, kleinveeskale en lamkruiphokke is van die produkte wat op die webtuiste www.debeerlandgoed.co.za besigtig kan word. Kontakbesonderhede vir bestellings is op die webtuiste beskikbaar.

Om te kwalifiseer vir die korting, moet ’n NWKV-lid sy/haar produsentenommer verskaf en  die lidmaatskap sal dan geverifieer word. Die promosie is vir drie maande geldig, waarna die ooreenkoms hernu kan word sou beide partye daartoe instem.


DOWNLOAD YOUR COPY OF THE PMF NEWSLETTER HERE!

Junie 2017: http://www.pmfsa.co.za/images/news/PMF_Junie2017.pdf

Copyright © 2017 Agri Connect, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list