Praktiese opleidingsprogram om ooikuddes se REproduksie te maksimaliseer 

Dr. Louis du Pisani
 November 01, 2017
Comments (0)
Breeding, selecting & reproduction


Boere word uitgenooi om deel te neem aan ‘n opleidingsprogram wat hulle sal help om die reproduksie van hul ooi-kuddes te verbeter.  Hierdie praktykgerigte program bied aan elke wolboer die geleentheid om daardie bestuursaspekte en –vaardighede wat die grootste invloed op die ooikudde se reproduksie het, aan te leer en toe te pas.
 
Die NWKV Produksie Adviseurs het die praktiese en maklik verstaanbare opleidingsprogram saamgestel wat boere sal help om MEER LAMMERS, MEER WINS te bereik.  Alle wolboere kan deelneem met ‘n maksimum van 10 persone per distrik / gebied wat op hul plase opgelei kan word.

 

Hoe kan boere deelneem?

Gesels met u medeboere in die distrik/landbouvereniging/studiegroep wat die program wil deurloop.  Kontak dan u naaste Produksie Adviseur en bespreek u groep se plek. 


Jannie Fourie (Caledon) – 083 564 1105
Gawie van Wyk (Carnarvon) – 083 270 3161
Juan Venter (Middelburg) – 079 693 1953
Kobus Grobler (Queenstown) – 072 593 5601
Jan Louis Venter (Bloemfontein) – 083 650 1131
Bom Louw (Harrismith & Ermelo) – 082 652 2243


Vir meer inligting oor die kursus.


Raamwerk van opleidingsprogram
 

FRAMEWORK OF TRAINING PROGRAMME

 

OFM gesels met Jan Louis Venter, NWKV produksie adviseur oor die doelwit van die program, naamlik kwaliteit lammeroeste en verhoogde en volhoubare wins. Die program is praktykgerig en word bestuursaspekte en vaardighede wat die grootste invloed op 'n ooikudde se reproduksie het, aangeleer vir toepassing.

 

NWKV BIED OPLEIDING VIR HOER WINS 

Landbou.com deel storie oor NWKV produksie adviseur Bom Louw wat die inhoud van die opleidingskursus aan boere wie streeksvergaderings in KwaZulu Natal, Mpumalanga en Suid Vrystaat bygewoon het, oorgedra het. 

 

Lees artikel hier

 

produsente baat by nwkv reproduksiegroepe 

Die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) het vanjaar reeds twaalf reproduksiegroepe in die Oos-Vrystaat, Mpumalanga en KwaZulu-Natal gestig, na aanleiding van sy reproduksie-gefokusde opleidingsprogram vir wolboere. Meer as 140 wolboere neem reeds aan die program deel, maar daar sal na verwagting nog sowat vyf groepe gestig word, wat dié getal tot by die 200-merk kan laat styg.

 

Izak Hofmeyr, Veeplaas het met Bom Louw gesels

Leave a comment

Keep me updated?

Comments are moderated.
Be the first person to comment.

Quick Navigation

Month:
Author:
Category:

Dr. Louis du Pisani

Latest News

PRESS RELEASE  General manager (agriculture)  NUUS wolbedryf  COVID-19  voorkomende inenting teen slenkdalkoors  KRITIES DAT BOERE NOU SLENKDALENTSTOF BESTEL !  NWGA PRIZE TO VETERINARY STUDENT
national-wool-growers-association-of-south-africa-communal-and-commercial

Follow Us

  

Head Office

+27 (0) 41 365 5030
+27 (0) 41 365 5035
nwga@nwga.co.za

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...