2022 NWKV NASIONALE KONGRES / 2022 NWGA NATIONAL CONGRESS

wolkwekerskongres spreek die verlede, huidige en toekoms aan 

Die Nasionale Wolkwekersvereniging van SA (NWKV) Jaarkongres wat op 1 en 2 Junie in Port Elizabeth (Gqeberha) plaasvind se tema “Terug in die toekoms / Back to the future” gaan die voorspellings oor die toekoms, en dit wat jare gelede uitgespreek is, se akkuraatheid toets. Daarom is Prof. Johann Kirsten van die Buro van Ekonomiese Navorsing by die Universiteit van Stellenbosch genooi om sy siening te deel, aangesien hy een van die sprekers was wat 10 jaar gelede die Nasionale Ontwikkelingsprogram kom bekend stel het. Dit behoort interessant wees om te hoor hoe die verwikkelinge, 10 jaar later, en dan ook die vooruitsigte vir 2030, nog daarna uitsien.


Giovanni Schneider van die Schneider Groep wat wolverwerking in Italië doen, gaan kongres virtueel toespreek oor internasionale markte en volhoubare sertifisering van materiale en kledingstukke.


Dr. Paul Swan van die Australiese Wolbeurs gaan virtueel toeligting verskaf oor samewerking binne erkende internasionale standaarde. Binne die Suid Afrikaanse wolbedryf, het die Sustainable Cape Wools Standard (SCWS) ‘n internasionale ooreenkoms gesluit met die Australiese standaard SustainaWOOL om wol saam te bemark. Daar word uitgesien om te verneem hoe die SA boer se moontlikhede vir internasionale marktoegang versterk kan word deur die samewerking met verskillende lande.


Dr. Beatrice Conradie van die Universiteit van Kaapstad gaan kongres kom toelig oor die impak van droogte op die produktiwiteit van wolproduksie in die Karoo.


Die siening van kopers en makelaars oor die pad vorentoe, post COVID, gaan spesifiek fokus op uitvoere van wol, logistieke probleme, markte, die vraag na wol, ens.


‘n Interessante gesprek deur Francois du Toit, Ooskaap, wat aan die NWKV se boerdery bestuursontledingsdiens deelneem, wie sy belewenis van die diens en watter voordele dit vir hom inhou, kom deel.


Toegang tot die Kongres is beperk tot genomineerde afgevaardiges en genooide gaste.


 

Guests RSVP Hier / Here 

 Delegates & NAt. Management  RSVP HIER / HERE

national-wool-growers-association-of-south-africa-communal-and-commercial

Follow Us

  

Head Office

+27 (0) 41 365 5030
+27 (0) 41 365 5035
nwga@nwga.co.za

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...