Junie/June 2018
NWKV Nuusbrief 62 / NWGA Newsletter 62

Inform us about events in your area or if you want to receive the newsletter. Contact Fanie van Rooyen at
082 388 0626 or send an email to fanie@agriconnect.co.za or Bonita Francis nwga@nwga.co.za or
call 041 365 5030.


Remember to visit our Facebook page.
The link is https://www.facebook.com/pages/NWGA/679678912058277
Facebook


WAAROM JUNIEMAANDAKSIES SO
BELANGRIK WAS

 
Dr. Louis du Pisani het onlangs met Algoa FM gesels oor veebestuursaksies wat die afgelope maand op skaapplase uitgevoer moes word.
 
Weidingstoestande sou redelik goed wees en boere sou aandag moes gee aan die lammers wat in Maart/April gebore is. Lammers ouer as twee weke sou behandel moes word teen lintwurm en rondewurms. Hierdie tyd van die jaar is vitamiene A en minerale ook baie laag.
 
Indien u die onderhoud gemis het, luister gerus daarna.
https://www.youtube.com/watch?v=yMRXWaMHZ04&t=1s
 
KRITIES DAT BOERE NOU SLENKDALENTSTOF AANKOOP
 
Die eerste uitbreking van Slenkdalkoors sedert 2011 is op 28 April 2018 naby Jacobsdal in die Letsemeng plaaslike munisipaliteit in die Vrystaat aangemeld. Volgens die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF) het 250 skape uit ’n trop van 600 gevrek.
 
Wolproduksiestatistiek van Cape Wools SA (CWSA) toon dat wolverliese van nagenoeg 7 147 miljoen kilogram ter waarde van R750 miljoen tydens vorige uitbrekings van Slenkdalkoors tussen 2010 en 2012 voorgekom het. Indien vleisinkomste ook in aanmerking geneem word, is dit ’n astronomiese verlies van R2,253 miljard.
 
Enige uitbreking van Slenkdalkoors lei verder daartoe dat uitvoere van wol na China vanuit die betrokke munisipale gebied van die uitbreking verbied word. Dit geld vir alle wol wat in die voorafgaande drie maande voor ontvangs by makelaarstore uit die betrokke munisipale gebied kom waar Slenkdalkoors voorgekom het.
 
Leon de Beer, hoofbestuurder van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV), rig ’n ernstige en dringende versoek aan boere om onmiddellik Slenkdalkoorsentstof by koöperasies aan te koop sodat Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) ’n aanduiding kan kry van die behoefte aan entstof en gevolglik betyds voldoende entstof kan vervaardig. Veeartse maan dat Slenkdalkoorsuitbrekings in die komende seisoen verwag kan word.
 
Produsente word verder versoek om met hul plaaslike veeartse te skakel vir professionele advies om hul kuddes teen die siekte te beskerm en ’n herhaling van die gevolge van die vorige uitbreking te verhoed.
 
ALBERTINIA WOLBOERE SPOG MET BESTE KUDDES

Die jaarlikse Mosselbaai Merinokuddedag, wat vanjaar vir die veertigste keer aangebied is, was weereens ’n groot sukses. Dit is een van die oudste kuddekompetisies in Suid-Afrika.
 
Altesaam 11 deelnemers van regoor die streek het vanjaar hul kuddes laat evalueer en die ooie was van hoogstaande gehalte, ten spyte van die droogte. Elke deelnemer het homself gemeet aan sy mededeelnemers, om daardeur te sien hoe kuddes verbeter kan word. Dit is tog immers die doel van hierdie dag.
 
Die dag is deur BKB, in samewerking met die NWKV, gereël en elke boer is van die nuutste inligting rakende sy skaapboerdery en hoe om sy maksimum potensiaal te bereik, voorsien. Ooie is beoordeel deur Gawie Van Wyk van NWKV Carnarvon en die punteverwerking is deur Jannie Fourie van NWKV Caledon gedoen. BKB-beamptes Pieter Aucamp, Bennie Pienaar, Hennie Senekal en Hans Schutte het gehelp met die reëlings.
 
Gasspreker André Fourie van Voermol het oor presisie-skaapboerdery gepraat en die sogenaamde “Groot 5” uitgelig, naamlik teling, kuddestatistiek, weiding, voeding en reproduksie.
Lees die volledige storie
 
NEW VICE CHAIRMAN FOR NWGA

Cradock farmer Billy van Zyl (far right) was elected as vice chairman for the National Wool Growers’ Association of South Africa (NWGA) after Herman Hugo indicated that he was not available for re-election due to his nomination to the Cape Wools SA board of directors, representing the Producer grouping.
 
Van Zyl is well known in the structures of the NWGA and organised agriculture. He is also a previous Silver Ram recipient and was chairman of the Eastern Cape NWGA from 2009 to 2013.
 
Guillau du Toit was unanimously re-elected, bracing himself for the start of his fourth year as national chairman of the association. He will be steering this dynamic organisation with the assistance of the new vice chairman (commercial farming), Billy van Zyl, as well as Sipiwo Makinana, who was unanimously re-elected as second vice chairman, serving the needs of communal farmers.
 
The NWGA would like to thank Herman Hugo for his contribution during the past year, executing his responsibilities within the areas of strategic planning and financial management.

 
JOHNE SE SIEKTE – HOE BEÏNVLOED DIT DIE WOLBEDRYF?
 
Luister na ’n onderhoud op RSG Landbou met Leon de Beer, hoofbestuurder van die NWKV, oor die moontlike invloed van Johne se siekte op die bedryf:
Kliek hier

BESTE EKONOMIESE STUDIEGROEP IN DIE LAND

Die Bennie van der Merwe-wisseltrofee vir die beste ekonomiese studiegroep is toegeken aan die Trompsburg-studiegroep.
 
Op die foto is dr. Louis du Pisani (NWKV), Herman Archer (Trompsburg),
Jan Louis Venter (NWKV-produksie-adviseur) en Dennis Louw (Trompsburg).

SILWER RAM-TOEKENNING

Tydens die nasionale jaarkongres vroeër die maand in Port Elizabeth, het die NWKV Mpumalanga-voorsitter Machiel Odendaal ’n Silwer Ram-toekenning ontvang van Guillau du Toit, nasionale voorsitter. Machiel se vrou, Louise, het hom vergesel.

BES EKONOMIES GEKLASSEERDE SKEERSEL
 
Tydens die nasionale kongres vroeër die maand is die volgende wenners aangewys (vlnr): Derrick Sissons (namens die borg, Nedbank), Fanie Dippenaar (namens Leeuwfontein Boerdery, Victoria-Wes, in vyfde plek), Quinton Wiehahn (Bamboeshoek, Wodehouse, in vierde plek), Pieter en Johan Jooste (Wolwekop, Victoria-Wes, in derde plek), Ian Hillhouse (Cullean, Stutterheim, in tweede plek) en Dalys Bradfield (Lion Hill, Wodehouse, die wenner). Borge vir die kompetisie is Old Mutual, Old Mutual Insure en Nedbank.

SHEARING SHEDS AWARDED FOR DEVELOPING THEIR SHEEP PROJECTS

It is customary to recognise those shearing sheds and woolgrowers who have achieved outstanding results in developing their sheep project for increased wool income. During the annual NWGA congress earlier this month, five regional winners as well as an overall winner received the 2018 NWGA/Zoetis prestige awards. The following sheds were rewarded with regional prizes:
 
• Region 20 Old Dutywa shearing shed in Dutwya 
• Region 21 Allenwater in Engcobo 
• Region 23 Ludumo in Dordrecht 
• Region 24 Luzie in Mount Fletcher 
• Region 25 Wittebergen no. 2, Sterkspruit
 
Besides being a regional winner, Allenwater was also elected as overall winner in the annual competition with a total index of 52/60, taking into consideration criteria relating to net income, bin bales, average bale mass, clean yield, auction indicator and kilogram fleece.
 
Congratulations to Allenwater shearing shed that produces good-quality sheep and is on the same level as commercial farmers.
 
The NWGA would like to thank Zoetis for their continued support and welcomes the extension of their partnership for the next three years.
 
SA BUYERS TELL FARMERS WHAT THE INTERNATIONAL MARKET REQUIRES

During the 2018 NWGA national congress, interviews were conducted with three wool buyers to give producers advice and guidelines on what they should concentrate on to provide a quality wool clip to the international market.
See the video here
 
WOOL MAN OF INTEGRITY

The NWGA joined the wool trade earlier this month in celebrating the retirement and bidding farewell of wool buyer, Derick Pape, who entered the wool trade 58 years ago and who has served his firm G. Modiano SA for the past 34 years. He is a past recipient of a Silver Ram award, which was bestowed on him in 2013 by the NWGA.
 
The NWGA would like to wish Pape all the best with his retirement and thank him for the part that he played in the journey of many wool producers.
 
AUGSBURG LANDBOUGIMNASIUM DANKBAAR VIR NWKV BETROKKENHEID

Augsburg Landbougimnasium in Clanwilliam bedank die NWKV vir sy positiewe bydrae tot landbou-opleiding en sonder Wes-Kaapse produksie-adviseur Jannie Fourie en skeerinstrukteur Themba Khosa uit as uitstekende landbou- en lewensmentors.
 
Alhoewel opleiding deel is van die NWKV se dienslewering, aanvaar Augsburg dit nie as vanselfsprekend nie en die NWKV en sy puik amptenare word bedank vir uitstekende diens.
 
Tydens Augsburg se eerste skaapskeerkursus sowat ’n jaar gelede, het Jannie en Themba intensief betrokke geraak by opleiding. Daardie eerste vyf skoliere het nie net skaapskeer beoefen nie, maar karaktereienskappe soos respek, dissipline, dryfkrag en toewyding, wat vandag dikwels by die jeug ontbreek, by Themba aangeleer. Al vyf leerders het geslaag en sedertdien word talle demonstrasies, kursusse en kompetisies in die Wes-Kaap aangebied.
 
Themba se slagspreuk, “I don’t teach failures”, is bevestig toe drie van sy vyf leerders vroeër vanjaar gekwalifiseer het om deel te neem aan die Nasionale Interskole Skaapskeerkompetisie in Bloemfontein, waar hulle goeie blootstelling, geleenthede en lewenservaring gekry het. Groot was hulle bewondering toe Themba, hulle held en afrigter, goed presteer tydens die Ope en Spoedskeerkompetisies. Volgens onderwyser Joubert van der Merwe is Themba ’n rolmodel vir hul jeug en sy gesindheid en positiewe uitkyk op die lewe straal uit sy doen en late.
Lees verder hier
 
REGIONAL FLOCK COMPETITIONS SHOWCASE QUALITY LIVESTOCK

Amantshangase shearing shed in Mbizana, Eastern Cape, recently played host to a regional flock competition, organised by Region 24 Woolgrowers Association, assisted by XL Nyamela and Phumlani Sawula, production advisers.
 
Farmers from Maclear, Mount Fletcher, Maluti A, Qumbu, Mount Ayliff, Ntabankulu, Flagstaff and the hosting district competed against one another and proudly displayed their 140 lambs, ewes and rams. Zoetis and Cipla sponsored prizes for the five winners in four categories of the competition and Miss Mafumbatha, mayor of Mbizana, encouraged farmers to put more effort into farming. She also encouraged all the attendees not to involve themselves in illegal activities such as stock theft.
 
Mount Fletcher reigned as the district with the best-quality livestock and the Utloanang shearing shed walked away with the top prizes in all the categories. The Lambs category produced 32 entries and the 2-Tooth Ewe category produced 19 entries. Utloanang shearing shed earned all five places in the 4-to-8-Tooth Ewe category, with an outstanding 11 out of 29 entries for this event. The Ram category was the most popular, receiving 60 entries.
 
“The quality of the animals has vastly improved and this is largely due to the introduction of quality rams by commercial breeders through the NWGA Genetic Improvement Scheme”, remarked the judges in a joint statement.
 
Miss Felicia Maja, chairperson for Region 24, thanked everyone who participated to make the day a success.
Modern Merinos-jongooiklub was verlede jaar se wenners.

DERDE JAAR GROTER ÉN BETER VIR JONGOOISKOU

Behalwe vir ’n interskou tussen jongooiklubs, word daar boonop 'n veelsydige en interessante dag beplan vir Vrydag 20 Julie in die Philipstown-distrik.
 
Hierdie jaar bring internasionale fleur na Philipstown deur die deelname van die president van die IWTO Peter Ackroyd. Herman Hugo, voormalige visevoorsitter van die NWKV, Wolf Edmayr van BKB, en Geoff Kingwill en Peter Carey van die wolkoper Lempriere gaan die boere bemagtig met interessante onderwerpe vir meer winsgewende wolskaapboerdery.
 
Benewens interessante praatjies gaan top Merinoramme uitgestal word deur bekende telers en kan avontuurlustiges die area verken met helikopters. Die dames moet beslis nie by die huis bly nie, want Roslynne Strydom gaan sorg vir kleurvolle kosdemonstrasies en Thermomix gaan hulle nuutste kostoestelle kom wys. Die kospotjies gaan heeldag prut en die dag sal afgesluit word met vermaak deur Adam Tas. 
 
Dus ’n dag vol heerlikheid en iets vir elke sensasie wat jy nie mag misloop nie. Sien jou daar!
 
Vir meer inligting skakel Diederik Vermeulen by 082 481 6985.
Copyright © 2018 Agri Connect, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list