Januarie/January 2018
NWKV Nuusbrief 58 / NWGA Newsletter 58

Inform us about events in your area or if you want to receive the newsletter. Contact Karen Grobler at
082 774 7008 or send an email to karen@agriconnect.co.za or Bonita Francis nwga@nwga.co.za or
call 041 365 5030.


Remember to visit our Facebook page.
The link is https://www.facebook.com/pages/NWGA/679678912058277
Facebook


WAT STAAN WOLBOERE TE DOEN IN JANUARIE?
Dr. Louis du Pisani, NWKV se nasionale bestuurder van produksie-advies en -ontwikkeling, het in ’n onderhoud met Algoa FM reën en hoë temperature vir Januarie voorspel  – wat gunstige omstandighede skep vir interne parasiete.

Boere moet spesifiek op die uitkyk wees vir haarwurm.

Dit is belangrik om ooie wat in Oktober en November gedek is, in Januarie te toets vir dragtigheid sodat die boer presies kan weet watter kuddes dragtig is en watter nie.

Januarie is uiters belangrik om daardie ramme wat gebruik gaan word om ooie wat in Maart/April gedek gaan word, voor te berei. Teen die tyd wat hulle na die ooie gaan, moet hul semenvolume en -gehalte baie goed wees.

Luister hier na die volledige onderhoud: https://www.youtube.com/watch?v=NnQCbk_HF1U&t=6s
 
SÓ KAN PRODUKSIE-ADVIESDIENS JOU HELP OM BETER TE BOER
 
André van Wyk, leierboer en streeksbestuurslid in die Edenburgdistrik in die Vrystaat, het die potensiaal van die wolskaap op die proef gestel deur die artikel oor kruipvoeding wat so ’n jaar of wat gelede deur produksie-adviseur Jan Louis Venter geskryf en in Landbouweekblad gepubliseer is, te gaan toepas.

Die realiteit van veranderinge binne boerderystelsels is ’n gegewe, maar hoe weet ’n boer hoe haalbaar ’n nuwe stelsel is? Dit moet eenvoudig getoets word. En dit is presies wat AP van Wyk en Seuns-boerdery gedoen het.
Lees die volledige storie
 
VRYSTAAT WYS KAROOBOERE HOE OM INTENSIFISERING TOE TE PAS

’n Groep Oos-Kaapse boere het twee leersame dae in die Vrystaat ervaar waar hulle kenners ontmoet het wat vindingryke metodes gebruik om hul skaapboerderye te intensifiseer.

Zeis Jordaan, David du Plessis, Billy van Zyl en Jako en André Moolman, wolboere in die Cradockdistrik, het verlede week saam met Colesbergboere Carel Kritzinger, Henri Smith en sy twee seuns, Rassie en WP, vanuit Middelburg vertrek na Beskuitfontein, Stefan Erasmus se plaas in die Vrystaat. Daar het hulle ’n indrukwekkende en funksionele stoor vir lamhokkies besigtig, maar die eerste van ’n hele rits besoeke om innoverende tegnologieë onder oë te kry.
Lees die volledige storie
 
INSIST ON VENDOR DECLARATION WHEN YOU BUY STOCK

When buying animals this vendor declaration can help you minimise risk:


 
WOLTOETSBURO-DIREKTEUR SIT TERMYN VOORT

Harry Prinsloo se derde termyn as direkteur van die Woltoetsburo is goedgekeur tydens ’n direksievergadering wat in November verlede jaar gehou is. Die NWKV het volle vertroue in die vermoëns van Prinsloo en het hom verlede jaar vir herverkiesing genomineer. Prinsloo dra saam met Bennie Phillips die produsent se belange by die Woltoetsburo op die hart en rapporteer gereeld aan die NWKV-bestuur oor hoe effektief en produktief die toetshuis deur Wian Heath en sy span bestuur word.

B.TECH DEGREE FOR NWGA PRODUCTION ADVISER 

The NWGA would like to congratulate Zithulele Mbatsha (50) whose part-time studies have resulted in his obtaining a B.Tech degree. The NWGA’s acting manager  for training and development (communal) met all the requirements for a Bachelor of Technology degree in agricultural management, and graduated at the Nelson Mandela University (NMU) on 15 December 2017.

Mbatsha’s experience as a production adviser began when he was seconded in that capacity to the NWGA  by the Eastern Cape Department of Agriculture. He was permanently appointed as regional manager in April 2009, and was promoted to acting manager in February last year.

The NWGA would like to express their sincere congratulations and are privileged to have him as part of the management team looking after communal development in this organisation.
 

CHECK FOR INTERNAL PARASITES

The following reports on internal parasite infestations were received from veterinary practices and consolidated in the December 2017 report by Ruvasa (Ruminant Veterinary Association of SA), a group of the SA Veterinary Association.

As soon as there is an increase in rainfall, parasite problems will increase. Use the Five Point Check to remain abreast of what is happening in the flock. For further details contact your local veterinarian. 

https://docs.wixstatic.com/ugd/aded98_cb447e77eef6450f93a2b23cb0e6b9de.pdf
Visit www.wormx.info for lots of information on parasite control.

 

 Internal parasites  MP G L NW FS KZN EC WC NC
 Roundworms x   x x x x X x  
 Resistant roundworms x   x   x        
 Wireworm x   x   x x X x  
 Brown stomach worm                  
 Long-necked bankrupt worm                  
 Large-mouthed bowel worm                  
 Nodular worm                  
 Lungworm                  
 Eyeworm         x        
 Parafilaria     x x   x      
 Tapeworms x   x   x x      
 Liver fluke x         x   x  
 Conical fluke x       x x      
 Cysticercosis (measles) x       x x      
 Schistosomiasis (bilharzia)                  
 Coccidiosis x   x   x x x x  
 Cryptosporidiosis x       x x      
Copyright © 2018 Agri Connect, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list