PRAKTIESE OPLEIDINGSPROGRAM OM OOIKUDDES SE REPRODUKSIE TE MAKSIMALISEER
Boere word uitgenooi om ’n opleidingsprogram by te woon wat hulle sal help om hulle ooikuddes se reproduksie te verbeter.
Hierdie praktykgerigte program bied aan elke wolboer die geleentheid om daardie bestuursaspekte en
-vaardighede wat die grootste invloed op die ooikudde se reproduksie het, aan te leer en toe te pas.
Die NWKV-produksie-adviseurs het dié praktiese, maklik verstaanbare opleidingsprogram saamgestel wat boere sal help om die ideaal van “meer lammers, meer wins” te verwesenlik. Alle wolboere word uitgenooi om aan die program deel te neem.
Gesels met jou medeboere in jou distrik, landbouvereniging of studiegroep wat die program wil deurloop. Kontak dan jou naaste produksie-adviseur en bespreek jou groep se plek:
Jannie Fourie (Caledon) – 083 564 1105
Gawie van Wyk (Carnarvon) – 083 270 3161
Juan Venter (Middelburg) – 079 693 1953
Kobus Grobler (Queenstown) – 072 593 5601
Jan Louis Venter (Bloemfontein) – 083 650 1131
Bom Louw (Harrismith en Ermelo) – 082 652 2243
|