View this email in your browser

This e-newsletter is compiled from sources that are deemed reliable.
However, the publisher accepts no responsibility for any errors or the effect of any decisions based on this publication.

Februarie/February 2017

NWKV Nuusbrief 48 / NWGA Newsletter 48

Inform us about events in your area or if you want to receive the newsletter. Contact Karen Grobler at 082 774 7008 or send an email to karen@agriconnect.co.za or Bonita Francis nwga@nwga.co.za or call 041 365 5030.

Remember to visit our Facebook page.
The link is https://www.facebook.com/pages/NWGA/679678912058277
Facebook
 

SA HANDSKEERDER WEER MET WÊRELDTITEL  BEKROON


Mayenseke Shweni, handskeerder van formaat, is vroeër vandeesmaand as wêreldkampioen bekroon tydens die Wêreldskaapskeer- en wolhanteringskampioenskappe wat in Invercargill, Southland, Nieu-Seeland gehou is.
Hy was die wenner in die handskeerafdeling van beide die Southland All Nations Opekampioenskappe en die Wêreldkampioenskappe. Dit is Shweni se tweede wêreldtitel. Tydens die 2011-kampioenskappe was hy die naaswenner. Sy spanmaat, Bongani Joel, het vierde plek in die finale verower.
 

ELSENBURG-STUDENTE BESOEK PORT ELIZABETH

 
Die Wes-Kaapse NWKV het twee studente van Elsenburg beloon met ’n tweedaagse toer na Port Elizabeth en omgewing om die wolketting te bestudeer. Hulle is Sybrand Strydom en Willem Barnard, wat topprestasies in
hul tweede jaar behaal het. Die tweestuks het onder meer die wolveiling, ’n wolpakhuis, ’n wolwassery en verwerkingsfasiliteit, asook die Woltoetsburo besoek.
Lees die volledige artikel
 

SIX NEW ADVISERS JOIN THE NWGA TEAM


As from 1 February 2017, the NWGA has gained the services of six additional production advisers to service the communal areas of the Eastern Cape. Thanks to Cape Wools SA and the Wool Trust, these gentlemen will join forces with the existing staff component under the Training and Development programme of the NWGA Production Advisory Services, performed by the NWGA.
 
Monde Danga, an extension officer who had previously been seconded, will operate in the Cofimvaba and Tsomo districts. Region 20, which covers the largest service area, will gain two advisers in Lwando Skoti and Lwando Gaqazele, who are being sent to assist Luyanda Mpoposhe from the Mthatha and Butterworth offices. Newly appointed Sibusiso Ndwanya and a previous intern to the NWGA, Khanyiso Mzayifani, will attend to farmers from the Queenstown and King William’s Town offices.  Phumlani Sawula, who also did his internship at the NWGA, will assist XL Nyamela in looking after the farmers in the Matatiele, Mount Fletcher, Mount Ayliff and surrounding areas.
Read the full article
 

PROMOTED!


Zithulele Mbatsha was promoted from Regional Manager to Acting Manager: Training and Development on 1 February 2017. The NWGA would like to express its sincere congratulations on his well-deserved promotion and is privileged to have him as part of the management team looking after the affairs of communal development.
 

KODE VAN BESTE PRAKTYKE WORD HERSIEN 


Aangesien 90% van wol uitgevoer word, moet die res van die wêreld kan sien dat goeie gesondheids- en dierewelsynspraktyke op Suid-Afrikaanse plase toegepas word. RSG Landbou gesels met Leon de Beer oor die hersiening van hoofstukke in die Kode van Beste Praktyke wat handel oor predasie en skeer. 
Luister hier
 

ENTSTOWWE BESKIKBAAR BY OBP 


Die huidige nat weerstoestande kan moontlik lei tot die verspreiding of uitbreek van vektor-oordraagbare siektes soos perdesiekte, Slenkdalkoors, drie-dae-stywesiekte, knopvelsiekte en bloutong. Onderstepoort Biological Products (OBP) het sowat agt maande gelede dié nat weerstoestande voorsien en begin om die nodige hoeveelhede entstowwe te vervaardig. OPB  het onlangs bevestig dat hulle tans genoeg entstowwe beskikbaar het om hierdie siektes te bestry.
 

SKA – URGENT PUBLIC INPUT NECESSARY FOR MANAGEMENT PLAN


The SKA radio telescope is being built in the Karoo. The only SKA process requiring public comments has been opened and stakeholders are invited to submit comments and their input on the “Draft SKA1_MID Integrated Environmental Management Plan”. This is therefore an urgent call to all those affected in the SKA areas.
 
The CSIR has undertaken to do a Strategic Environmental Assessment (SEA) of the South African mid-frequency array of SKA Phase 1 (SKA1_MID), commissioned by the Department of Environmental Affairs.
 
Public comments are now requested on the Draft Plan. Comments will be received during a period of 30 days starting on Wednesday, 1 February 2017 and ending on Friday, 3 March 2017. The draft plan is available:
  • on the project website at www.skaphase1.csir.co.za; and
  • at the libraries in Carnarvon, Brandvlei, Williston and Van Wyksvlei
 
The PMF Secretariat is coordinating the process and will send all forms to the CSIR before the end of Friday, 3 March 2017. You are therefore requested to email your completed form: nwga@nwga.co.za, marked for attention Bonita Francis 041 365 5030/082 413 6416.
 

ISOLATION (FENCING), THE KEY TO SUCCESSFUL PREDATOR MANAGEMENT


The NWGA, in collaboration with the Queenstown District Agricultural Association (QDAA), is planning a Predation Management Information Day. It will be held on the farm Rookwood of Swithan and Kate Webster in the Queenstown district, on Thursday, 16 March.
 
The theme “Jackal-proof fencing can improve production and manage predators” will be discussed.  Guest speakers will include predator specialist Niel Viljoen, Hendrik van Pletzen from Voermol, and Isak Staats from BKB. Webster will provide a short introductory briefing on the netting initiative.  The areas fenced with netting on Rookwood will then be inspected. This goes to prove Niel Viljoen’s point:  “Managing the isolation of the farm is easier than managing predators”.
 
No registration fee will apply and refreshments and lunch will be provided. Lucky draws will also be available. Please contact Kobus Grobler at 072 593 5601 if you would like to attend the information day. 
 

NUWE LEIERSKAP VIR NWKV IN
KWAZULU-NATAL


Othard Klingenberg van die Luneburg distrik is aangewys as die nuwe voorsitter van die wolkwekers van Natal. Hy neem die leisels oor by Francois du Plessis wat hom nie weer verkiesbaar gestel het nie, maar wel in die bestuur dien. Sy seun, Francois Jnr., is tot visevoorsitter verkies.
 
KwaZulu-Natal is die kleinste wolproduserende provinsie en grondhervorming, veediefstal en predasie is van die grootste bedreigings, of te wel uitdagings waarmee die boere te kampe het.

Bom Louw, NWKV produksie-adviseur in Harrismith, in samewerking met die bestuur, is verbind tot aksies wat die lewensvatbaarheid van wolboere in KwaZulu-Natal sal help verseker.
 

KZN NWKV EN KZN RPO SPAN SAAM 


Altesaam 379 persone, wat boere, gaste en borge insluit, het die vyf streeksvergaderings bygewoon wat in die tweede week van Februarie in die distrikte van Luneburg, Dundee, Estcourt, Underberg en Cedarville aangebied is.
 
Die doel van die vergaderings was om boere in te lig oor die rol en funksies van die NWKV en die RPO. Hoofbestuurders Leon de Beer en Gerhard Schutte het redes aangevoer waarom boere aan hierdie bedryfsorganisasies moet behoort. Die program, wat op Estcourt aangebied is, het byval gevind by studente van die Cedara Landboukollege. Theo Vorster, medestigter en hoof- uitvoerende beampte van Galileo Capital en gereelde markkommentator op RSG se Geldsake-program, en ’n weeklikse gas op kykNET se ontbytprogram Dagbreek, het as gasspreker opgetree en die daaglikse program afgesluit met ’n positiewe en leersame gesprek
oor die toekoms van landbou in die lig van die huidige ekonomiese en politieke ontwikkelings.
 
Die Swartberg Skaapstudiegroep is as die aktiefste groep aangewys. Mike Joyner en Johan de Jager het die trofee namens die studiegroep in ontvangs geneem.
 

SONA – HOPE FOR AGRICULTURE 


When prompted by Farmer’s Weekly to disclose the main, single positive aspect that wool growers had hoped would emerge in terms of South African agriculture from President Jacob Zuma’s 2017 state of the nation address on  Thursday, 9 February 2017, General Manager Leon de Beer had the following to say:
  • Agricultural land should not be used as a political pawn. Well-considered land reform strategies should be structured to ensure that agriculture truly contributes to the economy and food security of South Africa.
  • Government policies should create a production environment that will support optimal agricultural production and draw investment into the sector.
  • Rural security, and specifically farm safety, should be high on the agenda.
 

OOS-KAAPSE NWKV EN RPO HOU 
GESAMENTLIKE JAARVERGADERING 


Ongeveer 50 belangstellende boere het in Queenstown byeengekom om die Oos-Kaapse NWKV en RPO se gesamentlike jaarvergadering by te woon. ’n “Klagtes en gedagtes”- agendapunt het groot byval gevind en
krities belangrike vrae is gestel aan die besture van die RPO en die NWKV. Die kommunale boere in die Oos-Kaap
het ’n nuwe leier nadat Andile Ndzendze uitgetree het en Lawrence Maduna van die Lady Grey-distrik in sy plek verkies is. NWKV Oos-Kaap se bestuurslid Niel du Preez van Kareedouw het boonop ’n Silwer Ram-toekenning vir voortreflike diens ontvang.
Lees die volledige artikel
 

WES-KAAPSE NWKV HOU JAARVERGADERING


Die NWKV Wes-Kaap, in samewerking met die Swellendam Landbougenootskap, beplan ’n Algemene Jaarvergadering  op Saterdag, 4 Maart vanaf 11:00 tot 14:00 by die Implemente-tent van die Swellendam-skouterrein. 
 
Onderwerpe en sprekers sluit die volgende in:
  • "Die toekoms van die landbou" – Omri van Zyl, Uitvoerende Direkteur, Agri SA
  • "Die profiel van ’n boer" – Hugo Lochner, Farmbiz
  • "Wol, en die pad van more" – Robert Scott, BKB
  • "Sinkroniseer jou sukses" – Zoetis
 

SKAAPSKENKEL- EN-BRANDEWYNPERSKEPOT
(resep vanuit WegSleep tydskrif, Oktober 2016-uitgawe)


Moenie haastig wees met ’n potjie nie. Trek solank jou kampstoel en blokkiesraaisel nader en raak rustig, want dié pot kan tot drie ure lank prut.
 
• 1 pak (125 g) gedroogde perskes
• ½ koppie brandewyn, warm
• 2 skaapskenkels
• 3 eetlepels olyfolie
• 2 uie, fyngekap
• 2 selderystokke, fyngekap
• 2 wortels, geskil en in 3 cm-stukke gesny
• sout en gemaalde swartpeper
• ’n groot handvol pekeluitjies, geskil
• 1 blik (410 g) KOO chakalaka
• 1 blik (410 g) heelgeskilde tamatie
• 1 blik (410 g) perskehelftes in stroop
• 1 koppie vleisaftreksel of water
 
Só maak jy:
1.  Dreineer die geblikte perskes maar hou die stroop eenkant.
2.  Sit die gedroogde perskes in ’n houer, bedek dit met brandewyn en laat dit eenkant staan om te swel.
3.  Verhit nou die olie in ’n groot swart pot en braai die skenkels tot hulle goudbruin is. Haal hulle uit en hou eenkant.
4.  Gooi die ui, seldery en wortel in die pot en braai dit tot die ui goudkleurig is. Geur dit met sout en peper en sit die skenkels terug.
5.  Gooi nou die uitjies, chakalaka, tamatie en perskes by. Skep 3 eetlepels perskestroop by, sit die deksel op en prut die pot vir 2 na 3 ure, tot die vleis van die been afval.
 
WegSleep sê: As die brandewyn warm is, trek dit beter in die perskes in. 
 

DOWNLOAD YOUR COPY OF THE PMF NEWSLETTER HERE

Copyright © 2017 Agri Connect, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list