Shearing

Deur Hendrik Botha, Voorsitter, SA Skaapskeer Federasie 

Die SA Skaapskeer Federasie het ‘n uitnodiging ontvang vanaf “Sport Shear Australia”, om deel te neem aan ‘n Drie-Nasie skeer- en wolhanteringsbyeenkoms, bykomend tot hul jaarlikse AU (Australia) kampioenskappe. Dit sou saamval met ‘n byeenkoms by “The old Errowanbang Woolshed”, ‘n geskiedkundige skuur wat geleë is in NSW naby die dorp Blaney (180 km noord van Canberra).

‘n Nasionale span bestaande uit Hendrik Botha, spanbestuurder, Abel Notsi en DG Snyman, masjienskeerders, Mayenzeke Shweni en Zweliwile Hans, handskeerders, Elna Kitching en Tommie Caldo, wolhanteerders, Flip Cronje, skeerbeoordelaar, Herman Maartens, wolhantering beoordelaar sowel as Jan Louis Venter NWKV produksie adviseur wie getaak was om kennis in te win oor die opleiding van wolklassers in AU, is deur die Federasie aangewys.

Met die span se aankoms by Canberra, het hulle ongeveer 2 dae spandeer om te oefen op 7 000 merino’s in ‘n skaapskuur naby Gouldburn. Hulle was baie beindruk met die kwaliteit skape en die uitstaande gehalte van die 11-maande merino wol. SA se twee wolhanteerders het gebaat by die advies van ‘n senior wolhanteringinstrukteur in NSW, Penny Clout van die AWI (Australian Wool Innovation). Kennis is opgedoen oor die praktiese en sinvolle klasmetodes van Australië wat deur ‘n afgetrede wolkoper aan die span oorgedra is.

Die jaarlikse AU nasionale skeer- en wolhanteringkampioenskappe is aangebied by “The old Errowanbang Woolshed”. Dié vier-verdieping skuur wat 130 jaar oud is, kan 2 000 skape op ‘n hortjiesvloer huisves; het ‘n onderdak dompeldip fasiliteit sowel as skeergeriewe vir 40 handskeerders. Wol word vanaf die boonste vloerhoogte na onder in verskillende glybane gegooi, direk in die wolperse. Volgens ‘n inligtingsbron, het die die laaste handskeerders voor die oorlog daar geskeer. (Sedert die 1940’s, hanteer ‘n Listerenjin met 8 masjienskeerders die skeerproses). Interessant om te weet dat 90 000 skape 100 jaar gelede geskeer is, maar as gevolg van die plaaseenhede wat na 1940 baie verklein het, is sowat 12 000 skape per jaar geskeer.

Groot was die belangstelling toe handskeerders die geleentheid gekry het om te oefen in hierdie sentimentele en geskiedkundige gebou. Suid Afrika het wye publisiteit in NSW ontvang deur TV spanne en radiospanne wie onderhoude gevoer het met die deelnemers.

‘n Markiestent is opgerig waar die masjienskeerders en wolhanteerders teen mekaar kompiteer het en ook die finaal van die handskeerders plaasgevind het.

Die uitdunne het in die wolskuur plaasgevind waar 18 handskeerders teen mekaar meegeding het. Zweliwile Hans en Mayenzeke Shweni het vir die eerste en derde plekke gekwalifiseer om later daardie middag aan AU se finale ope handskeer kampioenskappe deel te neem. Tony Dobbs van NZ is as wenner aangewys, met Shweni in die tweede plek en Hans in die derde plek.

Wolhanteerders Elna Kitching en Tommie Caldo het goed presteer in die ope wolhanteringsitem, maar nie gekwalifiseer vir die semi-finaal nie. Dieselfde het gegeld vir masjienskeerders DG Snyman en Abel Notsi wie goed in die ope afdeling geskeer het, maar nie deurgedring het tot die semi-finaal nie.

Die laaste geleentheid was die geskiedkundige Drie-Nasie kampioenskappe waartydens AU, NZ en SA gelyktydig deelgeneem het aan masjienskeer, handskeer en wolhantering. Tydens die bekendstelling van die spanne op die skeerplatvorm, is al drie lande se volksliedere aangehoor. Die geleentheid het hom voorgedoen waar 2 masjienskeerders agtereenvolgens vier lammers elk op een plek skeer ; 2 handskeerders agtereenvolgens 2 groot langwol ooi skeer en die wolhanteerders al die wol klas volgens die normale wolhantering puntestelsel. Alhoewel die SA span baie goed gevaar het en die finale punte baie naby aan mekaar, het hulle in die 3rde plek ge-eindig, met AU tweede en NZ eerste.

Die SA span het goeie ondervinding opgedoen en het AU versoek dat hierdie byeenkoms ten minstens elke derde jaar plaasvind, met Suid Afrika wie die volgende byeenkoms moet reel.

Dank en erkenning aan borge Nasionale Lotery, Mutual & Federal Agri en Cape Wools SA (CWSA) vir ruim bydraes.

 

The NWGA urges producers to be pro-active and to adhere to the Code of Best Practice for Shearing of which a basic principle is to keep the condition of their shearing facilities in an acceptable state and to show humanity when shearing teams arrive for the harvesting process.  According to wool brokers who make available shearing teams to producers, the Department of Labour is pressuring them to adhere to the code.  Read here for full version of Code.

A NWGA shearing instructor is part of the shearing team that will represent South Africa at the Golden Shears World Sheep Shearing and Wool Handling Championships to be held in Gorey, Ireland in February / March next year.  The team was elected during trails at the Grootfontein Agricultural College in Middelburg earlier in October 2013.

Mpumalanga hou skeerkampioenskappe

Mpumalanga het op 4 & 5 Februarie 2014 hul skeerkampioenskappe en wolklasseringskompetisie op Roodewal, die plaas van Japie Celliers (snr) in Ermelo, gehou. Altesame 56 skeerders het deelgeneem. 

Die Intermediêre masjienskeerders moes in die uitdunne elkeen drie skape skeer waarna die vier beste skeerders na die finale rondte deurgedring het. In die finale rondte het elkeen vyf skape geskeer. Die skeerders word volgens spoed en die gehalte van skeer beoordeel.  Die wenner het sy vyf skape in 21 minute en 2 sekondes geskeer en 83 punte behaal. 

Tydens die uitdunne van die wolklasseringskompetisie moes die deelnemers drie vagte klasseer. Hulle is beoordeel vir spoed en die gehalte van klassering. In die finaal moes hulle ook drie vagte klasseer.

Die organiseerders bedank BKB, CMW, die SA-Skeerfederasie, die Landbank en die NWKV se Ermelo-streekkantoor. Groot dank ook aan Japie Celliers wat sy skeerskuur beskikbaar gestel het en mnr Randall wat die skape voorsien het.

Handleiding oor goeie bestuur vir Mpumalanga wolboer

Die Ermelo Streekkantoor van die NWKV het die Handleiding ontwikkel vir gebruik deur wolboere in distrikte van Mpumalanga.  Dit bevat belangrike inligting wat as verwysingsraamwerk vir goeie bestuur deur wolboere gebruik kan word.

 

Praktiese boeredag by Athole Proefplaas

Die NWKV was betrokke by 'n suksesvolle praktiese boeredag wat deur die Dept. van Landbou in Mpumalanga op die Athole Proefplaas aangebied het.  Die dag het hoofsaaklik gefokus op skaapboerdery en is deur nagenoeg 45 opkomende boere bygewoon.  Jacques Jansen van Vuuren van die Ermelo kantoor het 'n voorlegging gemaak oor die verskillende wolrasse, woltipes en basiese reproduksiemetodes.  Vir die geleentheid het hy ook aan die boere gedemonstreer hoe om 'n skaap kunsmatig te insemineer, wat groot belangstelling uitgelok het.  Die boere is voorts ingelig oor die verskillende aangeplante tipes voer en hoe dit benut kan word.  Dit is gevolg deur 'n demonstrasie oor skaaphantering, wat in samewerking met die departement aangebied is.

 

 

Leerders oor wol touwys gemaak

Jacques Jansen van Vuuren van die NWKV kantoor te Ermelo het gedurende Oktober 2013 'n voorlegging aan die leerders van Hoërskool Wesvalia op Klerksdorp gemaak om hulle meer van wolskape te leer.  Die skool het vanjaar met 'n landbou-afdeling begin en leerders in graad 10 was die eerste groep wat landbou as vak kon kies.  Deel van die aanbieding was die vertoning van 'n DVD genaamd "Die storie van Wol", waarna monsters van verskillende tipes wol aan hulle gewys en daar oor wolklassering gesels is.  'n Demonstrasie oor die brandtraagheid van wol het groot belangstelling gelok.  Na die wolinligtingsessie is 'n voorlegging gemaak oor algemene skaapbestuur.  'n Houer lanolien (wolvet) wat rondgestuur is, het ook groot byval gevind. 

Die NWKV beoog om leerders in 2014 tydens 'n wolinligtingsdag meer praktiese ondervinding van skaaphantering te gee en om hulle na 'n boer in die omgewing te neem wat besig is om te skeer sodat hulle dié proses eerstehands kan ervaar.

Leerders van die Hoërskool Wesvalia, Klerksdorp

 

Mynboetes

Die steenkoolmyn Coal of Africa / Mooiplaas Colliery het 'n bedrag van R500 000 aan die NWKV se Mpumalanga-tak oorbetaal.  Dit was deel van 'n boete wat opgelê is en verband hou met skade wat aan die omgewing aangerig is.  Die oorbetaling volg op versoek van die NWKV dat omgewingsboetes aan landbouorganisasies oorbetaal word.  Die NWKV beoog om die geld aan te wend vir navorsing om wolskaapgetalle in die provinsie te vermeerder.  Van die navorsingsvoorstelle is die rehabilitasie van die grond, lamstelsels, die aanwending van mynwater vir besproeiing en aangeplante weidings.  Kundiges sal hierby betrek word.  Fanus van Wyk van Egreenco Environmental Projects en Wayne Truter, 'n weidingskundige aan die Universiteit van Pretoria, het aangebied om met die projekte te help.  Die Nasionale NWKV is genader om 'n sakeplan te help opstel.

Ermelo was op 'n stadium die grootste wolproduserende distrik in die land. Met produksie wat die afgelope paar jaar daal, het Ermelo nou tot die sesde plek teruggesak.  'n Komitee is reeds aangestel om die fonds te bestuur en die uitgawes sal geoudit word.

 

Ermelo betrek nuwe kantoor

Mpumalanga se NWKV-kantoor het onlangs sy intrek in die nuwe landbousentrum by die hoërskool Ermelo geneem. Die kantore is amptelik met ’n boeredag geopen. Die tema van die dag was "positief vir landbou".  Onder die sprekers was Dr Dudley Gradwell van Ceva wat oor die risiko van Rooiwater gepraat het, Louw Steytler, voorsitter van Graan SA, Lume Kleynhans, landbou-ekonoom van Standard Bank wat die mikro- en makro-ekonomie van die land bespreek het, en prof Deon Scheepers van die Universiteit van Pretoria.  Die skool se landbou-akademie vir leerders van graad 8 tot 12 is terselfdertyd bekend gestel.  Die sentrum huisves ook die kantore van Agri Mpumalanga, die Transvaalse Landbou-unie en die Rooivleisprodusente-organisasie.