Category: Afrikaans


NWKV Weskaap stalletjie vertel die storie van wol !

October 14th, 2011 — 12:29pm

Agri Mega week te Bredasdorp het met klomp voorbereidings en verwagtinge aangebreek, maar is net so vinnig verby. Alle lekker dinge kom tot ‘n end en sommiges gaan hopeloos te vinnig verby. MEGA 2011 was een van daardie vinniges. Die uitstallings en bewusmaking van WOL en die wolwaardeketting was ‘n groot trekpleister vir oud en jonk en besoekers het met ongeloof die wonder van wol as natuurlike vesel beskou van waar dit geskeer is, deur die hele proses tot by die eindproduk, naamlik moderne klere. Continue reading »

Comment » | Afrikaans, Promotion of wool, Public Interest

Wat jy moet weet oor die sensusopname

September 30th, 2011 — 12:31pm

Waarom is dit belangrik?

Die belangrikste aspek in enige gemeenskap is sy menslike kapitaal. ’n Sensus is belangrik omdat dit help om ’n numeriese profiel van Suid-Afrika op te stel.  Dié profiel beïnvloed besluitneming op alle vlakke in die regering  sowel as die private sektor.

’n Bevolkingsensus is ’n volledige telling van die land se bevolking, waartydens demografiese, maatskaplike en ekonomiese inligting, sowel as inligting omtrent die behuisingstoestande van mense wat in Suid-Afrika woon, versamel word.  Hierdie inligting kan byvoorbeeld deur die landbounywerheid vir besigheidsbeplanningsdoeleindes aangewend word. Indien ’n persoon kennis dra van die hoeveelheid en verspreiding van sy verbruikers, sal hy weet hoe om vir die verspreiding van sy produk te beplan.

Watter sort inligting sal tydens die sensus versamel word?

Dit is inligting oor ’n individu en sy lewensomstandighede. Die doel is om te bepaal hoeveel mense in Suid-Afrika woon en ’n profiel van die bevolking ten opsigte van ouderdom, geslag, onderwys, beroep, ekonomiese bedrywighede en ander belangrike karaktereienskappe te bekom.  Inligting oor waar mense woon ten opsigte van behuising, toegang tot water en beskikbaarheid van noodsaaklike fasiliteite sal ook versamel word.

Wanneer vind dit plaas en hoe lank sal dit duur?

Die opname begin gedurende die nag van die 9de tot die oggend van die 10de Oktober 2011, wat die amptelike datum sal wees om die data weer te gee.  As gevolg van die groot omvang van die opname, sal die dataversamelingstydperk egter strek vanaf 10 tot 31 Oktober 2011.  Wanneer die opname afgehandel is, sal daar ’n opruimingstydperk wees. Dit sal aangewend word om huishoudings weer te besoek wat nie gedurende die dataversamelingsfase bereik kon word nie.

Hoekom word huishouding nou reeds besoek?

Die eintlike opname begin in Oktober, maar om ’n suksesvolle opname te verseker, het die werk reeds maande gelede begin.  Die land is verdeel in kleiner gebiede wat bekend staan as opnemersgebiede. Hierdie gebiede moet op ’n kaart vasgelê word sodat die veldwerkers wat jou inligting in Oktober gaan versamel, sal weet waarheen om te gaan.    Statistieke Suid-Afrika het ook “kleedrepetisies” onderneem sodat die tellingsproses glad kan verloop. 

Hoe kan jy weet dat dit Statistieke SA-werknemers is?

Alle personeel van Stastieke Suid-Afrika sal ’n ID-kaart by hulle dra. Die veldwerkers sal ook geel T-hemde en oorjurke dra. Jy kan ook die Sensus 2011-inbelsentrum by 0800 110 248 skakel om ’n veldwerker se geloofwaardigheid te verifieer.      

Het ek ’n waarborg dat my inligting vertroulik gehou sal word?

Kragtens die Wet op Statistieke van 1999 moet die Statistikus-generaal verseker dat ’n sensus op ’n gereelde basis geneem word.  Die wet waarborg egter ook streng vertroulikheid van alle inligting wat vir statistiese doeleindes versamel word.

Dit bepaal voorts dat “die resultate van die samestelling en ontleding van die statistiese inligting wat ingevolge hierdie wet versamel is, nie op ’n wyse gepubliseer of versprei mag word wat die identifisering van ’n bepaalde individu, besigheid of ander organisasie moontlik maak nie.”

Alle werknemers van Statistieke SA word wetlik verbind deur die ondertekening van ’n eed van vertroulikheid om nooit enige inligting wat gedurende die uitvoering van hul pligte versamel is, bekend te maak nie.  Hierdie eed bly van toepassing, selfs al word ’n werknemer se diens opgeskort.

Hoewel Statistieke SA versoek dat die respondent se volle name gegee word en die adres van die woning opgeneem word, word dit slegs vir gehaltebeheerdoeleindes gedoen.  Dié inligting word nooit bekend gemaak nie, selfs nie eens aan ander regeringsagentskappe nie. ’n Individu word ook beskerm deur die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting en die Grondwet.  Werknemers wat die Wet op Statistieke oortree, is strafbaar met ’n boete van R10 000 en/of ses maande tronkstraf.

Plaasprotokol

Statistieke SA is ook verbind tot die Plaasprotokol.  Dié protokol is opgestel as regulasiemaatreël ten opsigte van hoe regeringsamptenare, soos Statistieke SA-veldwerkers, polisie, weermagpersoneel en inspekteurs van die Departement van Gesondheid, toegang tot plase mag verkry in die uitvoering van hul pligte.

Vir navrae of kommentaar oor Sensus 2011 skakel 0800 100 248, of stuur vir ’n e-pos na info@statssa.gov.za.

Webtuiste: www.statssa.gov.za.

Mnr. Fanie Roos, 082 804 2135, E-pos: fanier@statssa.gov.za

Me Vienie Botha, 082 474 8840, Tel. 012 310 2168/012 337 6492, Epos:  vienieb@statssa.gov.za

 

Comment » | Afrikaans, Public Interest

Vooruitsigte vir wolmark bly belowend ondanks onsekerhede

September 30th, 2011 — 12:05pm

DIE vooruitsigte vir die wolmark vir 2011/12 lyk ondanks die ekonomiese onsekerheid in die Euro-sone belowend, aldus die jongste kommoditeitsverslag van die Australian Bureau of Agricultural and Resource Economics and Sciences (Abares).

Die buro verwag dat daar op kort termyn ’n afplatting sal wees in die vraag na wolprodukte in die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling, wat bestaan uit die ryk nywerheidslande van die wêreld (OESO). Dit geld veral vir Amerika, Japan en Brittanje, waar voorraad moontlik in die woltekstielketting kan opbou.

Voorraadvlakke

Voorraadvlakke reg oor die wêreld is egter nog laag, terwyl wolproduksie in die belangrikste uitvoerlande na verwagting sal daal. Dit kan as teenwig vir die afname in die vraag dien.

Vraag uit China

Die enigste uitsondering is Australië, waar skaapgetalle aan die toeneem is en produksie na raming met 1% tot 355 miljoen kg sal styg.  Abares grond sy positiewe vooruitskouing op die feit dat die vraag uit China na verwagting sterk sal bly, hoofsaaklik as gevolg van die verwagte groei in die binnelandse verbruik van wol.

Luidens die verslag word sowat 50% van die wol wat Australië na China uitvoer deur die binnelandse mark geabsorbeer.

Hoewel China se ekonomiese groei na verwagting ietwat kan afplat vergeleke met die vorige jaar, is die verwagting dié land se ekonomie nietemin stewige groei sal toon.

 Tekstielbedryf

’n Bemoedigende teken is dat die regering steeds in die land se tekstielbedryf belê en groei in dié sektor stimuleer.            China het in verlede jaar reeds begin om groot beleggings in die opgradering en uitbreiding van die tekstielbedryf te maak, wat in dié jaar voortgesit is.

Die Chinese verwerk tans 50% van alle vesels wat in die wêreld geproduseer word. Dié land het verlede jaar 450 miljoen kg wol verwerk. Dit is 42% van die wêreld se wolproduksie.  Plaaslike uitvoerders wat pas ’n wolkongres in Nanjing, China, bygewoon het, sê die meeste wolverwerkers was positief oor die vooruitsigte vir dié seisoen.

Die verwagting was dat pryse wel van tyd tot tyd sal terugsak, maar dat die huidige vlakke volhoubaar is en waarskynlik verder sal styg.  Dit sal egter net kan gebeur as die Europeërs ’n oplossing vir die skuldkrisis vind en die wêreld nie weer in ’n resessie verval nie.

Wisselkoerse

Die beskikbaarheid van wol en wisselkoersbewegings sal dié seisoen weer ’n belangrike rol in beweging van die wolmark speel, soos tydens die laaste paar veilings gebeur het.  Die plaaslike mark het danksy die aanmerklike daling van die rand teenoor die Amerikaanse dollar die afgelope paar weke gestyg.                               

Die Merino-aanwyser het op die veiling van 21 September die vorige seisoen se hoogste vlak verbygesteek en nader aan die sleutelvlak van R100/kg beweeg.  Die veilings is sover gekenmerk deur goeie vraag, wat ongetwyfeld aangehelp word deur die feit dat kopers nou weer na China kan uitvoer. Die eerste besendings is reeds verskeep.

In Australië het die mark die laaste paar veilings teruggesak omdat die Australiese dollar nie so skerp gedaal het nie en waarskynlik ook weens die groot aanbiedings.

Een van die treffende foto's wat in die tweede fase van die Australiese bemarkingsmaatskappy, The Woolmark Company, se veldtog gebruik gaan word om Merinowol te bevorder. In dié veldtog word beoog om ’n boodskap aan die verbruiker uit te dra dat wol lig en sag teen die vel is en die persepsie dat dit krap, te verander. Die naam van die veldtog is: "Merino. No Finer Feeling."

 

 

 

 

Comment » | Afrikaans, Markets, News, Wool Marketing

Skaaptelkompetisie

September 10th, 2010 — 2:39pm

‘n Aantal beamptes van Dewetsdorp in die Suid Vrystaat (waar die eerste Skaaptelkompetisie in die wêreld plaasgevind het in 1984 – gereël deur die Driekop- Dewetsdorp wolkwekers vereniging. Foto onder links) is deur Agri Megaweek genooi om ‘n skaaptel kompetisie op Bredasdorp aan te bied. Continue reading »

Comment » | Afrikaans, New Developments, News

Zegna-finaliste bekend gemaak

August 3rd, 2010 — 1:59pm

Drie Oos-Kapenaars is as finaliste in die Zegna-fynwolkompetisie vir 2009/10 aangewys.
Hulle is Willem van Aardt en sy seun Acton van Kookhuis, Stuart Dewing van Cathcart en Crighton Pringle van Adelaide. Continue reading »

Comment » | Afrikaans, News, Wool Farmer

Simbool van trots weer op wolbale

July 2nd, 2010 — 10:14am

Die Springbokkopmerk wat vroeër jare op wolbale verskyn het, en wat as gevolg van boikotte verlore geraak het gaan weer op wolbale aangebring word as simbool van trots vir Suid-Afrika.  Continue reading »

Comment » | Afrikaans, Current Projects, News, Public Interest, Shearing, Wool Farmer

Back to top