NWKV Weskaap stalletjie vertel die storie van wol !

Agri Mega week te Bredasdorp het met klomp voorbereidings en verwagtinge aangebreek, maar is net so vinnig verby. Alle lekker dinge kom tot ‘n end en sommiges gaan hopeloos te vinnig verby. MEGA 2011 was een van daardie vinniges. Die uitstallings en bewusmaking van WOL en die wolwaardeketting was ‘n groot trekpleister vir oud en jonk en besoekers het met ongeloof die wonder van wol as natuurlike vesel beskou van waar dit geskeer is, deur die hele proses tot by die eindproduk, naamlik moderne klere.

Die NWKV stalletjie het het hierdie jaar twee afdelings gehad, naamlik 1-verkope waar verskeie wolprodukte te koop aangebied is, onder andere, pantoffels, komberse, kouse, “spencers”, breiwol, beanies en buffs, asook 2-‘n afdeling wat bietjie meer op die produsent fokus met inligting oor:

  1. Hoekom moet ek lid word van die NWKV?
  2. Die besigheidsplan van die NWKV,
  3. Hoekom moet ek lid word van die NWKV se ekonomiese studiegroepe,
  4. Syfers wat daarop wys dat wolskaapboerdery winsgewend is,
  5. Navorsing wat toon dat ‘n veekomponent oor tyd, meer stabiele inkomste gee as net ‘n graanvertakking,
  6. Inligting oor lusernnavorsing in die Wes-Kaap.

Die ideaal is om inligting ook so aan die produsent deur te gee deur navorsing ten toon te stel. Ons wil ook graag die NWKV sigbaar maak om produsente aan te moedig om lid te word van ons trotse bedryf en om te weet ons doen ons beste vir elke Wolboer.

Die NWKV was ook deel van die uitstallings wat die Wol waardeketting tydens die Mega week ten toon gestel het. Cathe McLennan en haar mense van die “Esperance farm” naby Riviersonderend het die verwerking van wol ten toon gestel in die ketting. Sy het die wol gewas, gekam en dan met die hand gespin. Mense kon nie glo dat wol so vinnig kon verander in ‘n wolgaring nie en het soms tot amper bo-op die spinwiele te staan gekom om die wonder van wol te kan beskou. Die hele proses van skeer tot by die eindproduk is twee maal per dag aan die publiek verduidelik terwyl dit ten toon gestel is.

Meer foto’s verskyn in die Gallery.  Vir verdere navrae, skakel gerus met Abraham Landman, NWKV Produksie Adviseur in die Weskaap – 02821 – 23160 / 071 600 1990  

 

 

viagra

Category: Afrikaans, Promotion of wool, Public Interest Comment »

Comments are closed.

Back to top