Wat maak natuurlike vesels anders?
Smiley de Beer

Ek moes onlangs 'n vraag beantwoord wat min of meer soos volg bewoord was: "Tot welke mate word die veselbedrywe deur aardverwarming en klimaats-verandering bevoordeel of benadeel?" My antwoord was dat klimaatsverandering 'n uitdaging is en dat produsente, as al die voorspellings reg is, die geleentheid het om nou reeds stelsel aanpassings vir verwagte droër of natter toestande te maak en dat navorsing ondersteun moet word om vir 'n nuwe reeks siektes, wat met aard-verwarming kan uitbreek, voor-siening te maak. Die vraag het meer om die lyf en in dié artikel probeer hy om daarop uit te brei. Daar is geweldig menings-verskille oor of die aarde werklik warmer word en net soveel teorië oor die effek daarvan terwyl daar redelike eenstemmigheid is dat die klimaat verander dit was immers nog altyd die geval, dit is miskien die tempo wat nou pla. As lesers toegang tot die internet het kan hulle gerus na "climate change facts" vir ander wetenskaplike sienings oor die onderwerp kyk. Die basis lyn is dat weersomstandighede en klimaat nie presies voorspelbaar is nie. Die beste wat ons as mense kan doen is om alles in ons vermoë te doen om nie die hulpbron agteruit te laat gaan nie.