Lewendehawe- en wildindustrie werkgroep vir skadeveroorsakende diere

Verteenwoordigers uit die rooivleis-, wol-, bokhaar- en wildprodusente-geledere het onlangs 'n werkgroep gestig om die probleem van skadeveroorsakende diere aan te spreek. 'n Uitnodiging is ook aan melk- en volstruisprodusente gerig om by die inisiatief in te skakel. Die werkgroep hoop om wetgewing en beleid gesamentlik te beinvloed, en sal slegs gesprek voer met partye wat verbind is tot 'n werkbare oplossing. Daar sal nie gehoor gegee word aan drukgroepe wat boikotte voorstaan nie.

Petrus de Wet is die voorsitter van die werkgroep.  

Lewendehawe- en wildprodusente organisasies het onlangs in Port Elizabeth byeengekom om 'n werkgroep te vorm ten einde hul kragte saam te snoer om die probleem van skadeveroorsakende diere doeltreffend te kan aanspreek. Hiertydens is 'n samewerkingsooreenkoms tussen die verskeie organisasies geformaliseer.

Dit volg op statistieke wat onlangs deur ALPRU, gesetel by die Universiteit van die Vrystaat, vrygestel is en daarop dui dat die veebedryf die afgelope jaar die grootste verliese in die geskiedenis gely het as gevolg van skadeveroorsakende diere. Hierdie verliese is op R1,108 biljoen bereken en veral kleinveeprodusente word hierdeur geraak. Hierdie verliese sluit nie die skade in wat deur die grootvee- en wildbedrywe gely is nie.


[More]

Wat gemaak met rooijakkalse en rooikatte

HO de Waal

ALPRU/UV

 

Die afgelope jaar is almal bewus gemaak van die omvang en impak van skade wat deur roofdiere, veral die rooijakkals en rooikat aangerig word. Daar is min twyfel dat die twee spesies tans wyd oor die land versprei is. Daar is egter geen data oor hulle huidige nasionale verspreiding en veral die grootte van die populasies nie.

Roofdiere soos luiperds, jagluiperds en bruin hiënas rig ook skade aan maar dit is sporadies en meestal ook net tot sekere gebiede beperk. Die wel en weë van veral die luiperd word dikwels op sensasionele wyse aan die publiek opgedis. Die pogings om die charismatiese luiperd te beveilig is prysenswaardig maar die benadering om skade deur luiperds te verminder verskil radikaal van die vir middelslag roofdiere soos die rooijakkals en rooikat, daarom vorm dit nie verder deel van hierdie bespreking nie.

[More]

Klimaat en wol – skoner produksiestelsels bied geleentheid

clip_image001

Smiley de Beer

Die impak van klimaats-verandering is fisies besig om die wêreld se gebruike ten opsigte van produksieprosesse en koopgewoontes uit te daag.  Eko etiket standaarde word toenemend in die handel van goedere vereis  en regerings plaas met wetgewing druk op bedrywe om die uitlaat van koolstofgasse in die atmosfeer te beperk.  Dit is ’n  feit dat ekosisteme agter-uitgaan en dat ons voortbestaan, soos die wêreld daaraan gewoond was, bedreig word. 

Die aanvaarding van rentmeesterskap van die omgewing is belangrik en in eerstewêreld lande aanvaar besighede dat praktyke wat ‘n negatiewe impak op die omgewing kan hê verminder moet word. Hulle beskou dit en die ontwikkeling van “etiese� teks-tiele as voorvereistes vir maatskappye om in die toekoms te floreer.

[More]

This blog is running version 5.9.2.002. Contact Site Administrator