Wat maak natuurlike vesels anders?

Smiley de Beer

Ek moes onlangs 'n vraag beantwoord wat min of meer soos volg bewoord was: "Tot welke mate word die veselbedrywe deur aardverwarming en klimaats-verandering bevoordeel of benadeel?" My antwoord was dat klimaatsverandering 'n uitdaging is en dat produsente, as al die voorspellings reg is, die geleentheid het om nou reeds stelsel aanpassings vir verwagte droër of natter toestande te maak en dat navorsing ondersteun moet word om vir 'n nuwe reeks siektes, wat met aard-verwarming kan uitbreek, voor-siening te maak. Die vraag het meer om die lyf en in dié artikel probeer hy om daarop uit te brei. Daar is geweldig menings-verskille oor of die aarde werklik warmer word en net soveel teorië oor die effek daarvan terwyl daar redelike eenstemmigheid is dat die klimaat verander dit was immers nog altyd die geval, dit is miskien die tempo wat nou pla. As lesers toegang tot die internet het kan hulle gerus na "climate change facts" vir ander wetenskaplike sienings oor die onderwerp kyk. Die basis lyn is dat weersomstandighede en klimaat nie presies voorspelbaar is nie. Die beste wat ons as mense kan doen is om alles in ons vermoë te doen om nie die hulpbron agteruit te laat gaan nie.

Wat natuurlike vesels soos wol en sybokhaar betref is daar waar-skynlik, wat ook al gebeur, 'n horde geleenthede wat vir die vesels lê en wag en wat gerus deur besluitnemers in die ontwikkeling van bemarkingstrategië inaggeneem kan word - om dalk verby die populêre sienings te kyk en eenvoudig net op die natuurlike te fokus. "Groen" produksie metodes vorm saam met die ander eienskappe van natuurlike vesels 'n soliede bate om eindprodukte doeltreffend te differensieer, dit is in effek al manier om werklik op natuurlike vesels te kapitaliseer. Natuurlike vesels is uniek in die dat dit as 'n tekstielstof herwinbaar is, (dit hou aan met groei) dit nie 'n gevaarlike afvalstof is nie, dit vergaan todat dit uiteindelik in die natuur afbreek tot 'n organies misstof. Dit is dus die beste produk om te gebruik in die vervaardiging van industriele toerusting soos filters, as issolering vir produkte soos warmwater silinders tot die vervaardiging van diere en menslike verbruikerartikels. Tesame met die inherente eienskappe van wol soos dat dit asemhaal, vog absorbeer ens. sal "groen" produksiestelsels natuurlik 'n bydraende markvoordeel inhou mits 'n bedryf kan bewys dat dit aan ekonomies regverdigbare en omgewingvolhoubare stan-daarde voldoen. 'n Jaar of wat gelede het die "National Geo-graphic" tydskrif in 'n verslag beweer dat 95% van die Franse bevolking wil weet hoe die produkte wat hulle koop produseer is en dat dit nie ten koste van die omgewing, diere of mense mag gebeur nie. Ons almal voel waarskynlik so en in produksie van ons produkte behoort die beste praktyke wat deesdae deur bedrywe voorgehou word nagevolg te word. In die bemarking van produkte is die bogenoemde 'n uitstekende pakket waarmee die Suid Afrikaanse wolbedryf homself op die nasionale en wêreldmarkplek kan posisioneer. Die wolbedryf kan homself met sò 'n produk in baie gunstig posisies, miskien wel wetend dat hy niks daaraan kan doen nie, in tye van aardverwarming of aardverkoeling bevind deur eenvoudig sy produksieprosesse so na as moontlik aan die natuur te hou, nie water of energie te mors nie, die rouwol produksieomgewing in stand te hou en te verbeter en mooi na sy diere en mense te kyk. Al wat gedoen moet word is om die positiewe van die natuurlike veselbedryf professioneel te be-mark. Die doelwit kan eenvoudig wees om natuurlike veselprodukte deur goeie kommunikasie die eerste keuse van verbruikers te maak en om vir die verbruiker die geleentheid te gun om 'n "terugkeer" na sy vêrre verlede te maak.(Mense hunker daarna) . Dit sal waarskynlik die vraag en prys/waarde verhouding van sulke produkte volhoubaar positief kan beinvloed. Dit is waar dat die klimaat verander en dat daar voortdurend nuwe uitdagings gaan wees wat oorkom moet word. Vir 'n bedryf wat moet toesien dat produksie-stelsels koste doeltreffend gehou word is dit 'n noodwendigheid dat daar voortdurend na die binnekant van 'n bedryf gekyk word en dat daar erns van gemaak word om die kapasiteit vir produksievlak na-vorsing ten alle koste te behou en uit te brei. Miskien aan die teenoorgestelde kant behoort daar ook met nuwe oë na die vestiging van kreatiewe produkontwikkelingsprogramme gekyk te word terwyl die vriend-skappe van die verskeie rolspelers wat natuurlike produksiestelsels voorstaan waardeer kan word . Die stelsels om die bogenoemde prosesse te versoen bestaan wel, maar dit word waarskynlik nog nie optimaal tot voordeel van die bedryf aangewend nie.

Comments
This blog is running version 5.9.2.002. Contact Site Administrator