Wolnuus
Die sukses van die wolbedryf en die verskillende sektore in die wolbedryf sal afhang van die mate hoe standaarde geintegreer en toegepas word. Die Kode van Beste praktyke vir die wolbedryf is juis opgestel om die Suid-Afrikaanse skeersel wat alreeds aan wêreldstandaarde voldoen meer bemarkbaar te maak. Wolprodusente wat die verhandelingsverklaring ten opsigte van die Kode van Beste Praktyke onderteken het sal vanaf die nuwe seisoen (Augustus) op elke veilingskatalogus aangedui word. Wolprodusente wat nog nie die verklaring geteken het nie kan dit van hul makelaars verkry.
Comments
[Add Comment]
[Subscribe to Comments]
# Posted By Elize
| 7/10/09 8:01 AM
[Add Comment]